Die NG Kerk in KZN bestaan uit 53 gemeentes met ongeveer 19,800 belydende lidmate en 4,360 dooplidmate.
Ons logo vir die vier jaar vanaf 2016-2020 wil beklemtoon dat Christus die middelpunt is wat sy kerk rondom Hom vergader en vir ons hoop gee – ‘n alternatiewe gemeenskap. Maar Hy stuur ons ook uit om hierdie HOOP met ander te deel, en daarom is die NG Kerk in KZN nie ‘n eksklusiewe gemeenskap nie, maar een wat met die liefde van Christus uitreik na ander en hulle innooi (‘n gebroke sirkel).
In ‘n wêreld wat baie stukkend is en in ‘n land waar baie mense moedeloos is, is dit nodig dat ons as Christene die draers van die hoop sal wees wat Christus vir ons gee.
1 Korintiërs 13:13 verbind geloof, hoop en liefde sterk met mekaar. Hebreërs sê om te glo is om seker te wees van dit waarop ons hoop.
Ons as Christene het die grootste hoop wat daar is, naamlik die sekerheid dat ons verlos is en die ewige lewe het, 'n lewe wat mense nou reeds deel aan kan hê.
Mag hierdie hoop deur ons sinode na KwaZulu-Natal, Suid-Afrika en die res van die wêreld vloei.