Suidkus
Kontakinligting
Bakkiesboek: NG Kerk Suidkus
Webblad: www.ngsuidkus.co.za
Facebookblad: https://www.facebook.com/NGSuidkus
‘n Stukkie geskiedenis
Die gemeente is op 4 Julie 1958 afgestig van Montclair. Weens onsekerheid oor ‘n moontlike prosedurefout is die afstigting op 17 Desember 1958 deur die Ringskommissie bevestig. Ds. DJJ Oosthuizen was die eerste leraar. Met verloop van tyd was die twee kerksale nie meer voldoende vir die groeiende gemeente nie, en die nuwe kerkkompleks is op 12 Mei 1974 in gebruik geneem.
Halfeeufees
Suidkus gemeente het op 30 en 31 Augsutus 2008 ons Halfeeufees gevier. Saterdag het almal geskater oor al die staaltjies wat die dominees vertel het. Met die Nagmaalviering was die kerk stampvol. ‘n Ete vir 300 mense is in ‘n markiestent op die parkeerterrein gehou. Almal was onder die indruk van die Here se genade vir vyftig wonderlike jare in die gemeente se bestaan.
Leraars oor die jare:
1959 – 1961: Ds. D J J Oosthuizen (na Burgerspark)
1961 – 1963: Ds. G J Erasmus
1964 – 1967: Ds. F L Cloete (na Newcastle)
27.01.1968 – 1983: Ds. S J du Toit (na Bybelgenootskap as Org. Sekretaris)
21.02.1976 – 03.01.1982: Ds. G F van der Nest (na Dealesville)
01.05.1982 – 29.06.1986: Ds. H J Zeeman (na Moreletapark)
06.08.1983 – Emeriteer 31 Mei 2019: Ds. M W Pienaar
19.01.1985 – 04.09.1988: Ds. J J Breedt (Kpln. Potchefstroom Wes)
1987 – 07.02.1993: Ds. E Louw (emeriteer)
1990 – 1997 : Ds. I A Nell (vertrek na Sonstraal)
1995 – 30.06.2018 Demissie met emeritaat: Ds. F J Klopper
11.10.1997 – 2000 tydelik as pastorale hulp: G A Agenbach
07.04. 2000 – 31.12.2009: Ds. A Verhoef (na Noord-Wes Univ. Sen. Lektor Filosofie)
10.08.2009 – tot 2019 (bedank) : Ds. FW Neser, met opdrag Kingfisher Mobilisasie Sentrum.
17.10.2010 – (3 jaar kontrakpos) tot 31 Des 2016 – demissie: Ds. C de Vries
01.01.2018: Marius Faul Schoombie
1 Julie 2019: Ds Liezel de Jager (oorlede 13 Oktober 2021)
1 November 2022: Dr. Johan Lötter