Louwsburg

Kontakinligting:

Leraar: Pos afgeskaf.

Saakgelastigde: Mev L Schmidt

Kerkkantoor: tel/faks 034-907-5294 (Ma, Wo, 10:00-13:00)

Kerkgebou: Kerkstraat 614.

Historiese feite:

Voor gemeentestigting in 1929 het Louwsburg deel uitgemaak van Vryheid, waarheen daar met ossewaens na die nagmaaltye opgetrek is. In 1928 is ‘n Kerkboukommissie deur die 40 gemeentelede aangewys.

‘n Besluit wat baie gemeentes seker vandag baie bly sou maak, het soos volg gelui: “As enige lid van die Kommissie sonder kennisgewing afwesig is op enige vergadering, sal hy ontslaan word en met £5 beboet word.” Ds. DJ Retief was die eerste leraar. In die moeilike depressiejare het dit ‘n rukkie geneem voordat die kerkgebou in 1937 (sonder enige skuld) ingewy kon word.

Nog twaalf leraars het deur die jare die gemeente bedien, totdat die laaste leraar in 2001 vertrek het. Die huidige 91 belydende lidmate kan nie ‘n voltydse predikant onderhou nie, maar die werk van die Here word steeds met ywer in die gemeente voorgesit.

Leraars oor die jare:

1930 – 1943 : Ds. D J Retief
1944 – 1948 : Ds. H G L Burger
1948/9 – 1952 : Ds. J I du T Naude
1952 – 1955 : Ds. P C van Rooyen
1956 – 1963 : Ds. S C Carstens
1963 – 1969 : Ds. J D J Bouwer
1970 – 1974 : Ds. M P Gertenbach
1976 – 1979 : Ds. F J L van Loggerenberg
1980 – 1984 : Ds. L J Brittz
1984 – 1991 : Ds. C J van der Westhuizen (na Greytown)
1985 – 1992 : Ds. P F Kriel (met Sendingopdrag) na NGKA Vryheid
1992 – 1997 : Ds. J W K Scholtz (na Montana)
1998 tot 2/2001: Ds. P N van Rooyen (na Australië)
Vakant