Durban

Kontakbesonderhede

Leraar: Bediening in kombinasie met Berea – Ds Desmond Ras

Admin: Mev Liz Kleinhans

E-pos: [email protected]

Lidmatenavrae by NG Kerkargief te  Pietermaritzburg. Tel 033 345 2279

Kerkgebou: Smithstraat 151

Stigtingsdatum: 09.07.1913.

 

Hoewel die dorp Durban reeds in 1835 amptelik as dorp verklaar is, het die gemeente eers 78 jaar later tot stand gekom. Mnr. J C du Plessis, ‘n baie toegewyde Christen, en lid van die strewersvereniging, het baie hiermee te doen gehad.

Hy het reeds in 1906 met ‘n huiskerk begin wat uiteindelik uitgeloop het op gemeentestigting in 1913. Hy het dan ook die nuwe kerkgebou oopgesluit toe dit in 1924 in gebruik geneem is.

Die eerste leraar in 1914 was Eerwaarde WPJ Poen. Die gemeente is vandag algemeen bekend as die Smithstraat kerk. Weens die ontvolking van die middestad het daar ongelukkig min lidmate oorgebly.  Die gemeente word in kombinasie met Berea bedien. 

Leraars oor die jare:

1914 – 1922 : Eerw. WPJ Poen
1924 – 1944 : Ds. G C van Rooyen
1936 – 1940 : Ds. J F Linde (oorlede in die ouderdom van 96 jaar op 21.06.1999, toe die oudste lewende predikant van die N G Kerk).
1939 – 1941 : Ds. S A Grobler (hulpleraar)
1940 – 1944 : Ds. D J J de Vos
1945 – 1950 : Ds. G W Koornhof
1951 – 1956 : Ds. G J V Bell
1955 – 1955 : Ds. P J Smit (na Fynnland)
1957 – 1967 : Dr. F J Minnaar
1967 – 1977 : Ds. W J Botha
!968 – 1973 : Ds. S J Blom
1968 – 1981 : Ds. J C Jansen (kapelaan SAP)
1973 – 1978 : Ds. R van de Wall
1978 – 1981 : Ds. J J Verster
1979 – 1984 : Ds. J J Swart
1981 – 1988 : Ds. S J Blom (Kapelaan SAP) word leraar van Durban
1983 – 10.01.1988 : Ds. A H Malan (emeriteer)
!986 – 14.08.1988 : Ds. S Botma (kapelaan SAP) na Algoapark PE
1988 – 1991 : Ds Leon Kok, totdat Durban Reformed Congregation (later tentmaker) hom beroep het.
1988 – 31.12. 2009 : Ds. S Blom (emeriteer 1995, maar gaan voort met bediening in Durban as Pastorale Hulp, emeriteer finaal op 31.12.2009).
1995 – 1998 : Prof. P J Maartens van Westville Universiteit as hulpleraar (tentmaker). Hy is in 1998 uit die bediening.