Kontakinligting
Leraars: Ds. G S Botha
Gem Admin: Mnr Jan Wessels
Kas / Fin: Mev Ina Geel
Kerkkantoor: tel/faks: 031 464 3383 (Ma-Vr 8:00 – 12:00)
E-Pos: [email protected]
Webblad: www.ngkdbnwes.co.za
Lidmate: 879
Kerkgebou: Jo Naudéweg 7, Malvern, 493
‘n Stukkie Geskiedenis
Durban-Wes is op 25 Julie 1941 afgestig van Durban Sentraal. Onder die leiding van verskeie bekwame leraars het die gemeente gedy. Weens verslegtende ekonomiese tendense en verminderde lidmaattal, het die gemeente se profiel drasties verander. In Oktober 1999 moes ons afskeid neem van ons voltydse leraar. Onder sy leiding het hy die gemeente gelei om selfstandig te bly fonksioneer en daar het ons geleer om nie ‘n “dominee-kerk” te wees nie. Omstandighede het ook daartoe bygedra dat ons ons kerkgebou moes prysgee.
Einde November 2000 het ons die deure van ons geliefde kerkgebou finaal gesluit. Met groot hartseer het ons afskeid geneem. Die volgende erediens wat gehou was, het plaasgevind in die Seaview skoolsaal, wat nou vir die afgelope agt jaar ons plek van aanbidding is.
Steeds ‘n ligbaken
Deurdat die samesyn van gelowiges so ’n heerlike ervaring is, hou ons nou al vir die afgelope elf jaar maandeliks ’n vlooimark wat alom bekend geraak het. Ons is dankbaar daarvoor dat ons werk aan andere kan verskaf om so ook brood op hulle tafel te verseker. Na vele in-diepte navorsing en gebed het ons besluit om voorlopig nie die gemeente by ’n buurgemeente in te skakel nie, maar voort te gaan as ’n kombinasie-gemeente met Malvern. Malvern se twee leraars lei om die beurt op ’n Sondagoggend die erediens. Een leraar is verantwoordelik vir huisbesoek en woon kerkraadsvergaderings by. Ons finalejaar katkisante woon ook die klasse te Malvern by. Ons vergoed Malvern maandeliks finansiëel soos ooreengekom deur beide die kerkrade vir die dienste van leraars.
Ons benader die toekoms met nugtere denke. Aangesien tendense meebring dat gemeentes kleiner word, neem ons deel aan gesprekvoering met die aangrensende gemeentes op ’n moontlike makrostruktuur. Ons toekoms is egter nie in ons eie hande nie, maar ons sal steeds die ligbaken in die area bly om hier te woeker en te werk tot eer van die Here en tot uitbreiding van die Koninkryk.
Hannes Zwarts.
Leraars oor die jare:
1942 – 1947 : Ds. C Nel
1948 – 1950 : Ds. F J van der Merwe
1950 – 1959 : Ds. P A Prosch
1959 – 1960 : Ds. A du Toit
1960 – 1964 : Ds. E Brown
1964 – 1971 : Ds. B J K Anderssen
1973 – 1981 : Ds. (dr) J D Smith
1975 – 1978 : Ds. W J C van Beek
1981 – 1984 : Ds. C J S Botha
1985 – 2000 : Ds. H J van den Heever (na Empangeni)
2001 – 2023 : Ds. F J Herselman ( in kombinasie met Malvern tot samesmelting in Okt 2011.) (Emiriteer)
2011.10.23 – 2019.3.31 Dr Samuel Marx (vanaf Hillary na samesmeling). Bedank uit NG Kerk.
2014 – 30.09.2018: ds Gerhardus Stephanus Botha (na Westville)
2023.7.2 : Ds. G S Botha