Die Kruin, Newcastle

Kontakinligting:

  • Leraar: Quentin Groenewald
  • Saakgelastigde: me. LJ Liebenberg
  • Kerkkantoor: tel 034-318-4152 (Ma-Do 07:30-14:00; Vr 07:30-12:00)
  • E-pos: [email protected]
  • Kerkgebou: H/v Aquamarine- en Micalaan, Sunnyridge, Newcastle

 

Historiese feite:

NG Gemeente Die Kruin is op die 8 ste Maart 1981 gestig. Eredienste is aanvanklik in ‘n nabygeleë skoolsaal gehou, maar vandag pryk die kerkgebou wat op die 16de April 1983 in gebruik geneem is, aan die noordelike kant van Newcastle.     

 

Die eerste leraar van die gemeente was Dr. JA Vorster. Hy is opgevolg deur Ds. Robert Snyman, wat die gemeente net vir ‘n tydperk van 8 maande bedien het. Dr. André Strydom het op die 2 de September 1989 sy intreepreek gelewer, en leef nog steeds sy roeping in die gemeente uit. In 1997 is ‘n groot projek aangepak, naamlik die bou van ‘n kerksaal! Naas die saal, huisves die aangeboude gedeelte die administratiewe kantore van die gemeente.

Leraars oor die jare:

1981 : Dr. J A Vorster (Bedank 07.05.1988)
1988 : Ds. R Snyman (Bedank April 1989)
1989 tot Feb 2012, Ds. Z R A Strydom (Band losgemaak)
14 Maart 1999 – 2002: Bevestiging van prop. Etienne van Blerk in Beiroet, Libanon, as predikant van Die Kruin met opdrag sending in Libanon. Bevestiging met handoplegging deur ds. ZRA Strydom. Band losgemaak in 2002.
16.02.2013 – Tot 30 Apr 2015: Dr IA Brink
Aug 2013 – Ds ZRA Strydom bedank uit die NG Kerk
22.08.2015: Ordening en Bevestiging van Prop Quentin Groenewald