Cedarville-Mtatiele

Kontakinligting

 Leraar: Ds J (Mossie) Mostert (Emeritus)

Saakgelastigde: Mev Karin van Zyl

Kerkkantoor: Tel/faks: 0862604000

Kantoorure: Ma, Wo, Vr 08:30-12:00, e-pos [email protected]

Kerkgebou: H/v Voortrekker- en Van Heerdenstraat, Cedarville.

 ‘n Stukkie Geskiedenis

Dit is die Cedarville-deel van Cedarville-Matatiele wat op 1 September 2008 ‘n hele 120 jaar oud is. Die huidige gemeente vier egter in 2009 hul 30ste verjaarsdag, en dan is Cedarville se kerkgebou ook 50 jaar oud. Cedarville is oorspronklik op 1 Sep 1888 gestig en Matatiele gemeente op 12 Des 1945.

 

Cedarville Kerkgebou

 

 

Matatiele-deel se kerkgebou word vanjaar 41 jaar oud. Eenwording van die twee gemeentes het in Oktober 1979 plaasgevind toe die gemeente vanaf Oos-Kaap by die Natalse Sinode ingelyf is.  In Sep 2001 is die gemeente Suid-Natal ook bygevoeg.  (Karin van Zyl, Admin).

 

Matatiele Kerkgebou