Noordkus

Kontakbesonderhede:

Leraar: Ds Gert Vorster

Skriba/kassiere: Leonie Spangenberg

Kerkkantoor: tel: 032 946 1198

Kantoorure: Ma, Wo: 08:00-15:00,   Di, Do, Vr: 08:00-13:00

E-pos: [email protected]

Eredienste: 08:30

Lidmate: 431

Kerkgebou: Drive-Inweg 21, Ballito

Weblad: www.noordkus.co.za

  

Historiese feite:

Die eerste erediens word op 25 April 1926 op Stanger gehou deur Eerw. Esterhuyzen, die Spoorwegleraar. Hy het die taak gekry om die 6000 vk km. gebied tussen Durban en die Tugelarivier te bedien. Hierdie gebied, binne die Durban gemeente se grense, het hy deurkruis op ‘n perd, en dikwels te voet of soms per trein of wa.

Op 21 November 1940 stig Noordkus Gemeente af, met Ds. S A Grobler as die eerste predikant. Hy het ‘n wydverspreide lidmatetal van 300 gehad, en hy het die onbenydenswaardige taak gehad om dienste te hou op Stanger, Tongaat, Verulam, Doornkop, Darnall, Umhlali en Maphumulo.

Die elfde leraar, Ds. Alwyn Small bedien Noordkus Gemeente vanaf 2001 vir 20 jaar tot 2021. Die hoofsetel van die gemeente het deur die jare vanaf Stanger verskuif na die bruisende kusdorp, Ballito. In hierdie tyd hernoem die gemeente hulleself as Ballito Gesinskerk om te pas by die profiel van die gemeente. Daar word ook ‘n jeugwerker aangestel, Prop Pierre Burger. In 2016 word hy egter georden en dien vir ‘n paar maande as Jeugleraar.

Na Ds Alwyn Small se beroep word Ds Gert Vorster aangestel as tussentydse leraar tot tyd en wyl ‘n nuwe leraar beroep word.

Noordkus is ‘n dinamiese gemeente, betrokke by verskeie sendingprojekte, Bybelverspreiding en ‘n Internetbediening wat weekliks 10,000 mense wêreldwyd bereik.

– Louis Nel.

Predikante

  • Stephanus Adriaan Grobler, 8 Maart 1941 – 1942
  • Pieter Sarel Nicolaas Swart, 19 Desember 1942 – 1945
  • Herbert le Clus Taute, 19 Januarie 1946 – 1949
  • Johan Christiaan Pietersen, 15 Mei 1949 – 1952
  • Willem Jacobus Kleynhans, 20 Julie 1952 – 1962
  • Johannes Lodewikus van Heerden, 14 April 1962 – 1969
  • Mauritz Herman Otto Kloppers, 1969 – 1973
  • Daniel Frederick Vermeulen, 1973 – 1980
  • Jean Louis du Plessis Raath, 1980 – 1995
  • Gideon Jacobus de Leeuw, 1995 – 2001
  • Maniraj Sukdaven, 1997 –   (Sendeling, Anashin Mission)
  • Alwyn Johannes Small, 13 Oktober 2001 – 31 Augustus 2021
  • Pierre Burger, 11 April 2016 – 2017 (Jeugleraar)
  • Gert Eugene Vorster, 1 September 2021 tot huidig