Draadsitters vir Jesus

Digitale Learning Community 11 Maart 2021
Digitale Learning Community
11 Maart 2021 :: 10:00 – 12:00
Goeie dag Pierre

Ekerk bied met trots ons eerste Digitale Learning Community aan vir 2021. Ons nooi jou graag na hierdie digitale geleentheid toe op Donderdag 11 Maart 2021.

Ons gaan tydens die oggend uit verskillende hoeke die soeklig laat val op nuwe verstaan van geloof, menswees en leef in hierdie tyd waar alles altyd in teenpole opgestel word. Ons wil graag tydens hierdie geleentheid mense help om ‘n nuwe middel te ontdek met nuwe vrae en nuwe maniere van leef binne die koninkryk van God.

Moet nie hierdie unieke leergeleentheid misloop nie!

TemaDraadsitters vir Jesus: Die Bybelse middelgrond in ‘n tyd van kampgevegte.

Plek: Regstreeks deur middel van video

Jy het net ‘n internet-konneksie nodig waar jy saam gaan kyk op video na die regstreekse uitsending van die dag. Die geleentheid is REGSTREEKS en die OPNAME GAAN VIR 24 URE NA DIE GELEENTHEID BESKIKBAAR WEES om weer daarna te kyk. Neem asb kennis dat jy moet betaal en registreer om deel te neem. Geen betaling of registrasie, geen toegang.*

Tyd: 10:00 – 12:00
Datum: 11 Maart 2021
Koste: R50 pp. Bespreek jou plek by hierdie skakel.

Neem asb kennis dat die kaartjieverkoope sluit om 11 Maart 2021 om 06:00. Kry jou kaartjie vroegtydig by hierdie skakel.

Sprekers en hulle temas:

  • Dr Roedolf Botha: “Aristoteles en die Verlore Seun: draadsit as die nuwe opstaan vir Jesus
  • Dr Ena Bromley: “Moderne mediese wetenskap in die tyd van Covid-19. Bring dit verdeeldheid of bring dit ons bymekaar?!
  • Prof Stephan Joubert: “Wysheid, waarheid en genade as die regte middelgrond in ‘n tyd van min insig, groot onsekerheid en godsdienstige kampgevegte
  • Dr Koos van der Merwe: “Vir watter draad sal ek my lewe gee?

* Reg van toegang voorbehou deur ekerk direksie

Bespreek jou plek deur hierdie skakel te volg.

This message and attachments are subject to a disclaimer.
Please refer to http://upnet.up.ac.za/services/it/documentation/docs/004167.pdf for full details.