Die Sinodale Span vir Regte sien sigself as “in Christus saam oppad” en het die voorreg om verskeie funksies binne die kerkverband te vervul op ons gesamentlike geloofsreis. Ons adviseer in verband met kerkregtelike sake, versorg en publiseer die KZN Bepalinge Lêer (hierna: Bepalinge), tree op as gevolmagtigde appèlkommissie van die sinodevergadering, hanteer personeelsake en streef om alle funksies binne ‘n pastorale en verhoudingsmatige raamwerk te vervul. Ons wil ook op ons beskeie wyse ons hoop in Christus in die kerk konkretiseer.
Die SSR bestaan uit die aktuarius en 4 kundige lede wat tydens die sinodevergadering uit afgevaardigdes verkies word. Die SSR se lede is:
Ds Pieter Swanepoel
Ds Nola Malan
Dr Heinrich Theunissen
Prof Barry Tolmay
Ds Jacobus de Bruyn
Sekundi:
Ds Marius Schoombie
Ds Sarel Corrie
Kontak gerus enige van hierdie persone in verband met kerkregtlike aangeleenthede.