SOS (Sinodale ondersteuningspan)

Die Sinodale Ondersteuning Span

BRING HOOP AAN GEMEENTES 

Die SOS se primêre funksie is die bestuur van die Sinode se finansies.

 

SOS Span

Bestuurspan

Ds Petrus Botha

Dr Francois Neethling

Ds Pieter Grobler

Oudl Hannes Mynhardt

Oudl Peet van Zyl

 

PERSONEEL SPAN

FINANSIES

Doretha Swanepoel

Sonja  Wolfaard

 

ADMIN

Marlise Meter

Dienslewering aan gemeentes

  • Salarisse word bestuur
  • CMD kantore se boeke word gedoen
  • Inligting en tegnologie opleiding vind plaas

 

Predikante pensioenfonds

a. Die SOS bestuur die Predikante se pensioenfonds deur Sanlam en dit is veerkragtig genoeg om ons emeriti met gerustheid te laat aftree.

b. Ons moedig gemeentes en leraars aan om so effektief moontlik aan die fonds deel te neem ten einde maksimum voordele by aftrede te kan kry.

So lyk ons gemeentes se bydraes tot die predikante pensioenfonds

  • 9.8% Bydraevlak (voorheen 25%)
  • 16.8% Bydraevlak (voorheen 100%)
  • 19.2% Bydraevlak (voorheen 125%)
  • 21.5% Bydraevlak (voorheen 150%)

Personeel pensioenfonds

a.Die SOS bestuur die Personeel in samewerking met die personeel van KZN CMD se pensioenfonds deur Sanlam.

b. Daar is enkele gemeentes se kantoorpersoneel wat ook aan die pensioenfonds behoort.

Mediese fonds en subsidies

  • Mediese subsidies vir pensioenarisse word gereeld aan ons emeriti en deelnemers uitbetaal ten einde hulle te help om goeie gesondheidsorg te kan ontvang.
  • Die Mediese fonds word onder die Discovery groep bestuur en ons leraars het vrye keuse van sorg-planne, asook Vitality en ander byvoordele wat gebied word.
  • Ons het ook met ons makelaars vasgemaak dat die moontlikheid van ’n GAP cover vir lede beskikbaar is en met dank kan ons meld dat baie lede hieraan deelneem

 

Begroting en finansies

  • Die Sinode werk met ’n inkomste gedrewe begroting wat beteken dat ons nie meer vir gemeentes vra wat ons nodig het nie, maar dat ons dit wat ons ontvang effektief verdeel en benut.
  • Die Sinode het ’n gesonde debiteure beleid en uitstaande skulde word tot die minimum beperk. Debiteure is meesal gemeentes wat op kort termyn gehelp is en word.
  • Die omskep van die Sinodale Sentrum in ’n mediese sorgsentrum waarin ons 50% aandeel het, werp groot vrugte af en derhalwe kon ons die sinodale bydraes berekening doen op 7% van die inkomste van ’n gemeente (uitgesluit die koste aan leraars en beleggings-opbrengste)

 

Beleggings

Die Sinodale Sentrum se beleggings bestaan uit drie dele:

  • Toegekende fondse Fondse wat vir spesifieke take geoormerk is en dus nie meer tot die sinode se algemene gebruik beskikbaar is nie.
  • Beleggingsfondse Dit is die fondse wat deur die Sinode gebruik kan word en word verder in twee groepe verdeel, nl. sinode fondse en fondse van ander instansies deur ons belê.
  • Kontantfonds Dit is basies ons tjekrekening of kontant voorhande geld.

 

Sinodale eiendomme

  • Pastorie Harry Malanoord 6
  • Sinodale kantore
  • 50% aandeel in Pmb Healthcare Centre
  • Malvern Kinderhuis
  • Greytown Kinderhuis
  • Morester Kinderhuis
  • Tuinsig Tehuis vir Bejaardes

 

Wat bied ons nog?

Studielenings!!!

  • Ons help soveel moontlik studente van lidmate met beurs-lenings