“JONK is die oorkoepelende naam van die NG Kerk se netwerk vir die bevordering van jeugbediening. Alle persone, gemeentes of instansies wat inskakel by die netwerk, is dus deel van ‘Jonk’. ‘Jonk’ is dus vir almal wat jonk genoeg voel om jonk genoem te word”.
In KZN bestaan JONK uit ‘n dinamiese groep persone wat passievol is vir die jongmense in die kerk van Christus.
Die twee groot kampe wat deur Jonk gereel word is #Imagine en #Imaginenation.
Wat #Imagine betref is JONK se groot werk om die kamp in ons provinsie te bemark en ons jongmense geleentheid te help om die kamp by te woon.
#Imaginenation is ‘n kamp wat aan #Imagine gekoppel is, maar wat elke provinsie op sy eie hou. Hier is JONK-KZN elke jaar baie besig om ‘n fantastiese kamp vir die jongmense te reel. Dit vind gewoonlik in September plaas.
Jonk is nie ‘n vervanging van die gemeentes se jeugbedienings nie, maar dink saam om dit te bevorder en ondersteun.
Voorsitter: Marius Schoombie (Suidkus)
Skriba: Goosen Thompson (Richardsbaai)
Etresia van Schalkwyk
Francois Maritz
Lerisa Meyer
Nola Malan
JC Els
Jan Viljoen
Diek Venter
Johan de Wet
Mike Heaney
Stefan Malan
Willem Pieters
Vir meer inligting oor die bedrywighede van JONK in Natal, kyk na die Facebookblad:
[wpdevart_like_box profile_id=”JonkKzn” animation_efect=”none” show_border=”show” border_color=”#fff” stream=”show” connections=”show” width=”300″ height=”550″ header=”small” cover_photo=”show” locale=”en_US”]