In ons sinode is die werk van Fresh Expressions baie belangrik. Die rede is veral omdat Afrikaanse mense (die tradisionele NG lidmaat) al minder word in ons provinsie. In KZN is ons baie bewus van die feit dat ons as kerk nuwe maniere van uitdrukking sal moet vind as ons wil bly voortbestaan en die Here se lig wil laat skyn. Daarom is prof. Michael Moynach, navorser vir Fresh Expressions, se besoek aan die einde van Februarie en die begin van Maart 2018 vir ons so belangrik. Hy sal ringe en gemeentes regdeur die provinsie besoek en ook by ons predikantekonferensie optree.
Ons sinode is die eerste sinode van die NG kerk waar ‘n gemeente ‘n predikant beroep het met die spesifieke taak om Fresh Expressions bedieninge in die gemeente se omgewing te begin.
Indien jy meer oor Fresh Expressions wil weet, kontak vir ds. Ben van Dyk (PSD) of ds. Leonardi Stoop (Fresh Expressions dominee by NG Krantzkloof). Jy kan ook die Fresh Expressions Webblad besoek by: https://freshexpressions.co.za/.
Ds. Leonardi Stoop: [email protected]