Volgens my beskeie mening was die KZN Sinodesitting van 2021 ‘n groot sukses.
Ons het lang en sinvolle gesprekke gehad oor die kwessie van selfdegeslag verbintenisse. Die belangrike wat na vore gekom het in die gesprek is dat ons mekaar moet ruimte gee en mekaar se sieninge respekteer en aanvaar.
Teen die einde moes ons ‘n besluit neem. Die gevoel van die vergadering was dat die gesprek egter nog geensins verby is nie en dat dit dus onmoontlik is om ‘n besliste besluit vir of teen te maak. Die Sinode van KZN besluit dus dat die gesprek voortgaan, nie alleen op Sinodale vlak nie, maar op Rings- en Gemeentevlak.
Wanneer die vergadering ten einde loop, moes daar net groot dankie gesê word aan elkeen wat baie hard gewerk het om hierdie vergadering so glad te laat verloop sonder enige haakplekke, en dit die groot sukses te maak wat dit is. Enkele van die persone wat agter die skerms rondgehardloop het, het blomme gekry. Eintlik het baie meer persone blomme verdien!
‘n Reuse dankie aan elkeen!