Pietermaritzburg

Kontakbesonderhede:

Bedieningspunt: Voortrekker (kerkgebou verkoop en bedieningspunt te Merrivale sedert 1999)

Predikant: Ds. Diek Venter

Skriba/Saakgelastigde: Protea Louw

Kontakbesonderhede: Tel: 033 330 2428

Faks: 086 725 3218

Kantoorure: Di – Vr:  08:00 – 13:00.

Epos: [email protected]

Lidmate: 267

Kerkgebou: Holidayweg 49, Merrivale

 

‘n Stukkie Geskiedenis:

Presiese datum van stigting is onbekend. Op 23 Oktober 1838 gee die “Trekkersraad” die naam Pietermaritzburg aan die toekomstige dorp. Toe hét die gemeente reeds bestaan want die oudste amptelike argiefstukke (Doopregister en Kollektelyste) dateer uit 1837. Merrivale gemeente het in 1999 eengeword met Voortrekkergemeente. In 2008 is die Gedenkkerk aan die Museumraad verkoop en het die bedieningspunt van hierdie gemeente na Merrivale kerkgebou geskuif.

Voortrekker Gedenkkerk

(Met verwysing na ePosduif 7 [Jan 2009] se artikel uit The Witness)

Die verkoop van Voortrekker Gedenkkerk kan op die oog af  lyk soos ‘n hartseer einde van ‘n era vir die NG Kerk. Maar uit die perspektief van die Koninkryk is dit dalk eerder die geboorte van ‘n nuwe, opwindende bediening in die middestad van Pietermaritzburg.

Een van ons predikante het ‘n opvolgartikel voorgestel en dit was toe vir my ‘n voorreg om Pastoor Vincent Harper te ontmoet. Hy is die nuwe huurder van die Gedenkkerk-en-saalkompleks. Sy visie is dat dit die basis sal word van ‘n multikulturele bediening waarby al die kerke sal inkoop, om werklik ‘n verskil in die stad te maak. Hy sê:  “Hierdie kerkgebou het ‘n ryk geskiedenis. Dit moet in die toekoms ‘n baken van hoop vir die kerk en die Christendom wees. My droom is dat al die nasies in hierdie kerk saam sal aanbid tot eer van God.” Hy voel baie sterk oor opleiding van leiers en vestiging van Bybelse waardes in kerngesonde families.

Die historiese simboliek van die Gedenkkerk, wat deur sommige as ‘apartheidsimbole’ gesien kan word, is vir pastoor Harper deel van iets veel groters. Niks daarvan is nog verwyder nie (selfs die foto’s en oorkondes hang nog teen die mure) en sal in die toekoms so bly. Simbole van ander kulture sal eerder bygevoeg kan word om die rykdom van ons geloofswerklikhede uit te beeld en nuwe hoop te gee.  “Dit moet ‘n plek wees waar wit, swart en bruin almal ewe welkom voel.” Pastor Harper nooi ook oud-gemeentelede hartlik uit om te kom kuier en soms ‘n byeenkoms daar te kom bywoon.

Die verkooptransaksie tussen Pietermaritzburg Gemeente en Museumdienste is afgehandel.

Ds Carina Swart het die Gemeente vanaf September 2013 tot April 2017 bedien. Daarna is die pos vankant en Ds Willie van Zyl neem die dienste tydelik waar totdat die spesiale kandidaat hierheen gestuur word deur God se genade.

Napierville is op 05.09.1993 by Pietermaritzburg-Wes ingelyf en Pietermaritzburg-Wes het toe op 01.03.2000 met PMB-Noord een geword.

Leraars oor die jare:

1840 – 1841 : Eerwaarde Erasmus Smit ( Enigste leraar wat die Voortrekkers vergesel het)
1841 – 1846 : Eerwaarde Daniel Lindley (Sendeling van die ‘American Board of Missions’)
1847 – 1849 : Eerwaarde J D Döhne (Sendeling, Berlynse Sendinggenootskap)
1850 – 1852 : Vakant – Dr D van Velden het uitgehelp
1853 – 1859 : Dr. Hendrik Faure
1860 – 1867 : Ds. D P M Huet
1868 – 1879 : Ds. A van Velden
1881 – 1884 : Ds. D F Bosman
1885 – 1887 : Ds. H Muller
1888 – 1891 : Ds. J H du Plessis
1892 – 1895 : Ds. P T Retief
1896 – 1897 : Ds. D F Bosman
1897 – 1903 : Ds. W P Rosseau
1904 – 1907 : Ds. Ds. E Z de Beer
1907 – 1918 : Ds. G M Pellissier – later Prof
1918 – 1920 : Ds. D F Erasmus
1921 – 1945 : Ds. J E van Heerden
1946 – 1948 : Ds. C W I Pistorius
1949 – 1959 : Ds. A P Morgenthal
1959 – 1965 : Ds. F P Myburgh
1965 – 1969 : Ds. S P Senekal
1967 – 1970 : Ds. J M G Prins
1970 – 1973 : Ds. Daniel Frederick Vermeulen (30.01.1970-25.11.1973)
1971 – 1976 : Ds. A L Wehncke (11.06.1971)
1974 – 1983 : Dr. J T Jordaan (05.10.1974 – 24.04.1983)
1976 – 1980 : Ds. B J J van Rensburg
1981 – 2002: Ds. W H Kritzinger (rasionalisasie en pakket)
1983 – 1987 : Ds. ADF van der Wart (Kpln. na Pretoria SAP-Kollege)
1983 – 1986 : Ds. H P Basson
1987 – 2000 : Ds. L W Meyer (vertrek na Weenen)
1988 – 1996 : Ds. D S Botha (Kpln. SAP na Nelspruit)
1999 – 31.05. 2008: Ds. W van Beek vanaf Merrivale na eenwording met Voortrekker. (Emeriteer).
Voortrekker-deel/been van die gemeente ontbind op 31 Mei 2008 en Merrivale bly voortbestaan.
16.01/ 2010 – Okt 2019 demissie : Ds. Magdaleen Sadie in gedeelde samewerkingspos met Pietermaritzburg-Noord.
Ds Sadie se Samewerkings-kontrak met PMB- Merrivale eindig end 2012
08.09.2013: (Prop) Ds Carina Swart bevestig – 30.04.2017 demissie
1.03.2018: ds DJ (Diek) Venter