“ Saam op reis met God in die voetspore van Jesus”. Leraar: ds T Naudé.Kontakinligting:Sekr: Annolien Liebenberg Kassier: Lize von Solms Kerkkantoor: tel 035-753-2332, faks 0865126599 Ma – Vr 08:00-13:00) E-pos [email protected] Kerkgebou: Galjoengolf 11. Outisme Sentrum: Die projek het begin toe die kerkraad gevra het: “Waar kan ons by God aansluit waar Hy reeds in ons omgewing besig is?” ‘n Groep van 11 roeiers het vanaf Kosibaai tot Richardsbaai met surf ski’s geroei om fondse in te samel vir ‘n nuwe Outisme Sentrum op die kerkterrein. Die Sentrum word reeds sedert 2009 in ‘n lokaal gehuisves en staan tans bekend as “ABLE CENTRE”. Die kleuterkerklokaal wat aanvanklik hiervoor gebruik is het gou heeltemal te klein geword vir die nege ingeskrewe lede se behoeftes en is daar met die fondsinsameling ‘n nuwe sentrum gebou wat tans fokus op vroeë intervensie sowel kinders tot en met skoolgaande ouderdom. Die ingeskrewe lede bestaan uit alle kulture en gelowe. Met die lidmate se betrokkenheid by hierdie projek wil die gemeente graag ‘n boodskap van omgee en ondersteuning aan die gemeenskap stuur. Historiese feite: Die gemeente Meerensee is op 23 Maart 1980 gestig. Die eerste leraar van die gemeente was ds WJ Kendall wat deel was van die gemeente tot 1983. Op 25 September 1983 trek die gemeente in die nuwe kerkgebou in. Ds SJJ Niemand is van 1983 tot 2000 deel van die gemeente en ds T Naudé word in 1994 aangestel as ‘n tweede leraar. Ds M Kruger was van 2001 – 2006 deel van die leraarsspan en ds R de Koning volg hom op in Januarie 2007. Soos ons gemeente naam aandui, is die gemeente so bevoorreg om in die pragtige omgewing tussen die Mzingazi meer en die Indiese Oseaan geleë te wees. Leraars oor die jare: 27.04.1980 – 12.02.1984 : Ds. WJ Kendall (na Letsitele) |