Kontakinligting:
Leraars: dr. MJ Heaney en ds Lerisa Meyer
Skriba: Annette Coomer
Registerhouer: Hettie Ludick
Kerkkantoor: tel/faks 039-312-2011 (Ma-Vr 08:30-12:30)
E-pos: [email protected]
Kerkgebou: Kerkstraat 1, Ramsgate.
Besoek die gemeente se eie webblad: www.margate.ng.org.za
Facebook: NG Margate Jeug
Enkele feite oor die gemeente:
Margate word op 29 Maart 1972 afgestig van Port Shepstone. Dadelik was daar ‘n groot behoefte aan ‘n eie kerkgebou, maar ook ‘n groot tekort aan die nodige fondse.
En ‘n groot tragedie word deur die Here gebruik om die gemeente te seën. Callie Human, ‘n 16-jarige seun is oorlede in ‘n motorfietsongeluk en sy ouers besluit om die kerk op eie koste te bou ter herinnering aan hulle seun. Dit word in 1974 in gebruik geneem.
Die gemeente is deur die jare deur ses leraars bedien, totdat daar in 2006 weer geskiedenis gemaak is toe die twee huidige leraars op dieselfde dag ontvang en bevestig is. Hulle is dr Dawie Oosthuizen en dr Mike Heaney.
Leraars oor die jare:
14.09.1974 – 17.04. 1983 : Ds. A Smit (vertrek na Hendrina)
24.06. 1983 – 30.06. 2003: Ds. JA Swanepoel (standplaasruiling met Hartbeesfontein [G 40/1].
25.01. 1986 – 1996 : Ds. BJ van Dyk (PSD Natal, Saakgelastigde)
01.02. 1997 – 20.01. 2006 : Ds. A D Gerber, bedank [Verslag: G 40/1]
2002 – 2006 : Ds. GP Burger, pastorale hulp
01.07. 2003 – 30.04. 2006 : Ds. A H Scholtz (standplaasruiling), demissie en beroepbaar.
10.12. 2006 – 31 Mei 2019 : Dr DSG Oosthuizen
10.12. 2006 – huidig: Dr MJ Heaney
12.01.2020: Lerisa Meyer