Leraar: Ds PJ Fouché
Leraar met opdrag Drakensberg (Underberg, Ixopo): Ds. E Ferreira.
Saakgelastigde: Me Suzette Botha
Kerkkantoor: Tel/faks: 039 727 2782
Kantoorure: Ma, Wo, Do: 09:00-14:00
E-pos: [email protected]
Lidmate: 303
Kerkgebou: Hoopstraat 102.
Facebook: NG Kerk Kokstad
Ds. Petrus Fouché vertel: “Lank na die Anglo Boere-oorlog en lank voor die groot depressie, in die rustige jaar van 1923 het die NG Kerk Cedarville se kinders in Kokstad hulle vlerke gesprei en hulle eie tuiste gevind.
Op 31 Maart van daardie jaar is die gemeente gestig. Ds. Rosenow en sy vroulief het reeds vanaf 27 Januarie die lidmate hier bedien, maar is daardie aand (31 Maart) amptelik van sy proponentstatus onthef en as eerste leraar van hierdie pragtige gemeente bevestig.
Sedertdien het die Here nog 16 leraarspare na die gemeente geroep.” In die sewentigerjare het die gemeente van Oos-Kaap na die Sinode van Natal oorgekom.
Leraars oor die jare:
1924 : Ds. M J A Meij
1928 : Ds. G W P Cloete
1931 : Ds D A Malan
1941 : Ds D M C Smit
1946 : Ds. J H Frier
1949 : Ds J M B de Wet
1954 : Ds. J S Dreyer
1960 : Ds. G W Roux
1964 : Ds. A Putter
1968 : Ds. C J Otto
1973 : Ds. T I J de Wet
1981 : Ds. J H Wildenboer (na Nywerheidsbediening)
1988 : Ds. A du Plessis (bedank)
1990 : Ds. G C Bester
1997 – 01.05. 2005 : Ds. D M Wagenaar (na Port Shepstone)
2001 – 2002 : Ds. Martin Brand per ooreenkoms as tentmaker Ds. Brand emeriteer 2002 en vestig in Underberg.
24.07. 2005 – tot datum van kontrole : Ds. PJ Fouché
24.08. 2008 – tot ?: Ds. LJ van Rooyen, hulpleraar met opdrag Drakensberggebied. Emeriteer