Greytown

Ons gemeente se visie is: “Ons almal lewe na die beeld van Christus.”

Kontakinligting:

Leraar: Stephan Weyers

Leraar met opdrag Greytown Kinderhuis:  Ds PA Swanepoel

Gemeentebestuurder: Me. A van der Merwe

Kontaknommer: Tel/faks: 033 413 2246

Kantoorure: Ma.Di, Do, Vr: 10:00-1200

E-pos: [email protected]

Lidmate: 280

Kerkgebou: Voortrekkerstraat 154.

Besoek die gemeente se Facebookblad by: https://www.facebook.com/ngkgreytown/

 

Oor die gemeente

Die gemeente is baie aktief in die gemeenskap en doen groot werk onder die mense van die omgewing. Daar is elke Sondag om 9:00 ‘n erediens in die kerkgebou in Gretown en jaarliks het die gemeente op die laaste Vrydag van Augustus ‘n groot basaar waar die hele gemeenskap betrokke is.

Die gemeente het ook ‘n ander dienspunt, naamlik Noodsberg. Hierdie is ‘n klein kerkie waar daar elke tweede Sondag om 11:00 ‘n erediens gehou word. Die mense wat dit bywoon woon hoofsaaklik in en om die dorpies Dalton, Wartburg, Harburg en New Hanover. Die kerkgebou is geleë in die suikerrietlande tussen Wartburg en die Noodsberg meule by die volgende koordinate:  -29.392672, 30.675306.

Histories:

Op 12 September 1859 het die Kerkraad van Pietermaritzburg besluit om die buitewyk Greytown en Groenkloof (Kranskop) af te stig. Die gemeente Greytown is met ‘n ledetal van sowat 250 lidmate gestig. Hulle eerste leraar, Ds LFG Biccard is op 19 Oktober 1861 bevestig, en is in 1867 deur eerw. J Turnbull opgevolg.

Die 1ste kerkgebou is op 16 Desember 1866 ingewy, maar agv ‘n geweldige storm is die gebou in 1879 in puin gelê. ‘n Tweede kerk is gebou en op 7 April 1883 ingewy. Daar is reeds in 1900 besluit om die kerk te vergroot, maar a.g.v. die wêreldoorlog en die depressie kon die bouery nie plaasvind nie. In 1927 word die huidige kerkgebou van steen gebou en die hoeksteen is op 4 Februarie 1928 gelê. Die inwyding het op 17 Augustus 1929 plaasgevind.

Leraars oor die jare:

10.1861 – 06.1865 : Ds. Louis Francois Godlieb Biccard (oorlede 1900).
07.1867 – 02.02.1890 : Ds. James Turnbull (oorlede 1894).
07.03.1891 – 15.08.1896 : Ds. David Jacob Johannes Rossouw (oorlede 1938).
02.10.1897 – 11.07.1903 : Ds. George Stephanus Malan (oorlede 1931).
11.10.1903 – 01.04.1911: Ds. Hendrik Christoffel de Wet (oorlede 1926).
10.06.1911 – 12.01.1925 : Ds. Michiel Wilhelm Odendaal.
29.08.1925 – 06.05.1929 : Ds. George Wilhelm Stegmann Hofmeyer.
01.01.1930 – 17.11.1935 : Ds. George Thom.
21.03.1936 – 04.08.1944 : Ds. Dirk Petrus van Zyl Laurie.
25.11.1944 – 24.08.1946 : Ds. Jan Johannes Marthinus Calitz.
22.02.1947 – 20.01.1951 : Ds. Francois Petrus Panter Myburgh.
30.06.1950 – 07.11.1959 : Ds. Hendrik Christoffel de Wet (oorlede 09.07.1972, Die Kerkbode, 27.09.1972).
14.05.1960 – 02.07.1966: Ds. Theunis Gertze Pelser.
03.12.1966 – 1971: Ds. Adriaan Smit (na Port Shepstone).
1972 – 05.1975: Ds. M J J Prinsloo (na Rondebosch).
02.10.1975 – 20.09.1981: Ds. C J S Botha (vertrek na Durban-Wes).
26.01.1980 – 31.07.1983: Ds. G I Ellis (vertrek na Glenwood, Durban).
10.03.1984 – 08.1987: Ds. J H Lessing (bedank).
11.1987 – 1991: Ds. A J Britz (emeritaat)
1992 – 21.09.2008: Ds. C van der Westhuizen (na Despatch-Dagbreek).
01.03.1997 – 31 Mrt 2015: Ds. A C Steyn (nee:van der Heever )(met opdrag Greytown Kinderhuis). Na Pietermaritzburg-Noord in 1 jr kontrak een derde pos op 1 November 2020.
01.03.1997 – tot datum van kontrole: Ds. P A Swanepoel (met opdrag Greytown Kinderhuis)
10.05.2009 – tot Des 2013: Ds. WA van Zyl (vanaf Maclear in kontrakpos) Demissie ontvang – Beroep aanvaar na Reddersburg.
26.07.2014 – 1 Junie 2019: Ds Rudolph Scharneck. Na NG Goudini
10.11.2019: ds Stephan Weyers. 3-jaar kontrak