Dannhauser

Kontakinligting

Leraar: Vakant

Saakgelastigde: Mev ACW Muller

Kerkkantoor: Tel/faks: 034 621 2202

Kantoorure: Vrydae: 09:00-12:00

Epos: [email protected]

Lidmate: 96

Kerkgebou:  H/v Spies- en Albertstraat, Dannhauser.

 

‘n Stukkie uit die verlede

Dannhauser is ‘n klein dorpie tussen Ladysmith en Newcastle. Op 10.06.1944 is die gemeente gestig. Die eerste leraar was ds WD Ackermann. Die sierlike kerkgebou is in 1952 in gebruik geneem. In die laat 1970’s het die dorp en omgewing vooruitgang ervaar. Die mielieboere het groot oeste gemaak en ekonomies het dit goed gegaan. Omdat daar ‘n behoefte aan sondagskoolfassiliteite was en ook ‘n plek om funksies aan te bied, is die lidmate genader vir fondse vir ‘n kerksaal. Met harde werk is die nuwe kerksaal in 1982 in gebruik geneem. Onder leiding van ds Kosie Barnard was die skulde gou gedelg.  Nadat ds Barnard in 1999 emeriteer het, kon die gemeente ongelukkig nie weer ‘n voltydse leraar onderhou nie en moes die pos later afgeskaf word. Die huidige 85 lidmate verkies om steeds gemeente te bly en ‘n ligbaken te wees.

 

Leraars oor die jare:

1945 : Ds. W D Ackermann
1947 : Ds. H O Viviers
1953 : Ds. H J P van Rooyen
1958 : Ds. R van Niekerk
1968 : Ds. W Engelbrecht
1975 : Ds. C C Maritz (vanaf 25.01.1975 tot 1978 na Klipfontein)
1978 : Ds. J J Barnard (vanaf 25.11.1978)
1999 : Ds. Barnard emeriteer op 28 Maart 1999. (Die Kerkbode: 19.03.1999)
Vakant