Bergville

Kontakbesonderhede:
  • Leraar: Ds JC Els
  • Saakgelastigde: Marcelia Mouton
  • Kerkkantoor: Tel/faks: 036 4481465; Sel: 082 855 8893
  • E-pos: [email protected]
  • Kantoorure: Ma, Wo en Vr 13:00 – 16:00

‘n Stukkie Geskiedenis

Stigtingsdatum: 31.12.1943.

Op die vergadering van die kerkraad van Ladysmith (moedergemeente) gehou op 5 Desember 1942, gee diaken J van Zyl kennis dat hy op die volgende vergadering sal voorstel “dat die tyd ryp is vir die kerkraad om te beraadslaag oor die noodsaaklikheid van die afstigting van Bergville en omtrek tot ‘n afsonderlike en selfstandige gemeente.”Op 6 Februarie 1943 word die voorstel goedgekeur en die beginselbesluit tot afstigting eenparig geneem. Na verskeie kerkraadsvergaderings vergader die kerkraadslede van die vyf wyke van Bergville op 9 Oktober 1943, waar besluit word om die Ringskommissie te versoek om te Bergville te vergader en die afstigting af te handel. Op 17 November 1943 besluit die Ring van Ladysmith om die afstigting goed te keur en op 31 Desember 1943 vergader die Ringskommissie op Bergville en die nuwe gemeente word gestig.

Vroeg in die nuwe jaar word die eerste kerkraadsvergadering in die skoolgebou gehou om die eerste kerkraad te kies en BJ Pienaar word as eerste skriba aangewys. Eredienste sal voorlopig in die Lutherse kerk gehou word. In Junie 1944 word ds. AJ Minnaar as eerste leraar beroep. Daar word in 1947 besluit op die bou van ‘n kerk, maar in 1951 word die Lutherse kerk gekoop.

Op 22 Oktober 1976 lê ds. LW Meyer die hoeksteen van die nuwe kerkgebou en dit word feestelik in gebruik geneem op 14 Mei 1977. Die kerkgebou is ryk aan simboliek.

Leraars oor die jare:

1944 – 1949 : Dr. A J Minnaar.
•1950 – 1961 : Ds. I J Haasbroek.
•1962 – 1965 : Ds. G C Smit.
•1965 – 1970 : Ds. J R Murray.
•1970 – 1976 : Ds. L W Meyer (na Vryheid).
•1978 – 1982 : Ds. C J G Rossouw.
•1979 – 1990 : Ds. J F T du Plessis (na Biesiesvlei).
•1984 – 1987 : Ds. J G Obermeyer, opdrag Sending (Bedank 02.10.1987).
•1990 – Jan 2002 : Ds. J H Els – na Bothaville-Noord.
•25.01. 2003 – 30.09. 2006: Ds. G S Botha, na Ladysmith met opdrag Morester Kinderhuis.
•05.05. 2007 – 16.09. 2007: Ds. AJ van der Westhuijzen. (Verdere studie).
•25.05.2008 – Mrt 2014: Ds. GJ Kok (vanaf Thabazimbi OK) beroep na Eendekuil.
•21.11.2015 – 28.10.2018: Prop Dr Joseph Jacobus de Bruyn. (na Dundee-Suid)

•28.2.2021 : Ordening en bevestiging van Prop  Jan Christoffel (JC) Els