Kontakinligting: Leraars: Dr Heinrich Theunissen Skriba: Me Laetitia Marais Kassier: Me Cecile van Niekerk Kerkkantoor: tel 034-312-6209 – Ma-Do 08:00-13:00, Vr 08:00-12:00 E-pos: [email protected] Kerkgebou: H/v Duiker- en Steenbokstraat, Newcastle. Historiese feite: Met die oprigting van die Yskorwerke in die vroeë sewentiger jare en die gepaardgaande vestiging van honderde nuwe gesinne, het Newcastle van ‘n rustige, klein plattelandse dorpie gegroei tot ‘n groot nywerheidsdorp met ‘n “stadsatmosfeer”. Hierdie verandering het ook op die kerk ‘n invloed gehad en die ou gevestigde Newcastle-gemeente se lidmaattal het in ‘n baie kort tyd so toegeneem dat afstigting onvermydelik was. Op 16 Junie 1973 het “n tweeling” toe afgestig met Die Parke ‘n halfuur ouer as Bergsiggemeente! Ds Fanie Schoeman was die eerste leraar.
Newcastle-Suid se eenwording met Bergsig Na aanleiding van verskeie finansiële en ander faktore, asook gesprekke tussen Bergsig en Suid, is die volgende besluit eenparig deur twee derdes van dienende kerkraadslede van Bergsig (29 Oktober 2018) en Suid (04 November 2018) geneem:
Newcastsle-Suid eindig alle eie gemeentelike aktiwiteite op 29 November 2019 en skakel by Bergsig in as lidmate van Bergsig gemeente. Die predikant van Newcastle-Suid, Dr H Theunissen, word bevestig in Bergsig op 01 Desember 2019 en sy bevestiging is ʼn voorwaarde vir eenwording. Leraars deur die jare: 1974 – 1983 : Ds. S J Schoeman (na Vryheid-Suid)
|