Leraar: Ds Alwyn Small
Skriba/kassiere: Leonie Spangenberg
Kerkkantoor: tel: 032 946 1198
Kantoorure: Ma, Wo: 08:00-15:00, Di, Do, Vr: 08:00-13:00
E-pos: kerkkantoor@noordkus.co.za
Eredienste: 08:30
Lidmate: 431
Kerkgebou: Driva-Inweg, Ballito
Weblad: www.noordkus.co.za
Die eerste erediens word op 25 April 1926 op Stanger gehou deur Eerw. Esterhuyzen, die Spoorwegleraar. Hy het die taak gekry om die 6000 vk km. gebied tussen Durban en die Tugelarivier te bedien. Hierdie gebied, binne die Durban gemeente se grense, het hy deurkruis op ‘n perd, en dikwels te voet of soms per trein of wa.
Op 21 November 1940 stig Noordkus Gemeente af, met Ds. S A Grobler as die eerste predikant. Hy het ‘n wydverspreide lidmatetal van 300 gehad, en hy het die onbenydenswaardige taak gehad om dienste te hou op Stanger, Tongaat, Verulam, Doornkop, Darnall, Umhlali en Maphumulo.
Die elfde leraar, Ds. Alwyn Small bedien tans Noordkus Gemeente, met ‘n lidmatetal van 344 siele. Die hoofsetel van die gemeente het deur die jare vanaf Stanger verskuif na die bruisende kusdorp, Ballito.
Noordkus is ‘n dinamiese gemeente, betrokke by verskeie sendingprojekte, Bybelverspreiding en ‘n Internetbediening wat weekliks 10,000 mense wêreldwyd bereik. – Louis Nel.