Die SBS koördineer al die bedieninge van die Sinode in KZN met die uitsluitlike doel om die Bybelse bedoeling van die volle Raad van God op ‘n praktiese manier te verwesenlik.
Alle werksaamhede hierbinne moet gerig wees op God se Koninkryk, God se sending na die wêreld (Misio Dei).
Die werksaamhede van die SBS is baie omvattend. ‘n Paar van die werksaamhede wat plaasvind d.m.v. werkswinkels, retreats, formele opleiding, verhoudingbou kampe, byeenkomste: Missionale gemeentes, Predikantebegeleiding, Geloofsreise, Mentorskap, Lidmaattoerusting in verkondigingsvaardighede, omgeevaardighede – om bediening weer terug te gee aan lidmate, Fresh Expressions, #IMAGINE, roepingsvreugde, leraars bedieningsvreugde, emeriti, JONK, eukumeniese verhoudinge, vennootskappe, Apostoliese bedieningsmodel, KZN Outreach, Maatskaplike bedieninge, diens van barmhartigheid, kinderhuise, vroeë kinderontwikkeling, tehuise vir bejaardes, Vrouelessenaar en nog meer.
Dr Mike Heaney
Ds Jan Viljoen
Ds Tertius Naude
Ds Liezel de Jager
Ds Quentin Groenewald
Sekundi:
Mev Christa Bester
Ds Lerisa Meyer