Aan die gemeenskap

Elke gemeente in ons sinode is op ‘n wye verskeidenheid van maniere betrokke in die gemeenskap waar hulle is. Tog bied ons ook gespesialiseerde maatskaplike dienste deur die werk van die Christelike Maatskaplike Dienste. Hieronder val ook kinderhuise en ouetehuise wat aan die kerk behoort. So probeer ons as kerk om ons roeping om uit te reik na die wêreld so goed as moontlik te vervul.