Ons sinode skakel in by die Seisoen van Menswaardigheid waarmee die NG kerk tans besig is. Ons weet daar is baie mense in ons land wat nie ‘n menswaardige lewe leef nie, maar ons weet ook dat die Bybel ons leer dat God alle mense na sy Beeld geskep het en daarom behoort hulle menswaardig behandel te word.
Die Seisoen van Menswaardigheid fokus op 4 kernwaardes:
Daar is aan elkeen van hierdie waardes ‘n verhaal uit Jesus se lewe gekoppel om te illustreer hoe hoog Jesus mense geag het. Hierdie waardes vind neerslag in elke terrein van die lewe.
Die Seisoen van Menswaardigheid se nasionale taakspan vergader een keer per jaar en ons sinode word deur ds. Rudolph Scharneck van Greytown verteenwoordig.
Vir meer inligting gaan na http://menswaardigheid.co.za/ of kontak vir Rudolph by [email protected].