Ballito Gesinskerk hou Minimark

Soos dit maar met meeste van ons gemeentes gaan, trek Ballito Gesinskerk ook maar noustrop wat die finansies betref. Elke Saterdag word daar pannekoek, vetkoek en koeksisters verkoop om fondse te probeer genereer. En dit werk nogal, want die dorpsmense staan al tou om hulle heerlike eetgoed te koop.

Maar dis nie genoeg nie! Toe sit ‘n paar mense koppe bymekaar. “Wat van ‘n minimark?” Daar is beplan, raad gevra, werkers gewerf en die sosiale media het begin gons. Die idee was dat die gemeente allerhande soorte gebak en naaldwerk sou verkoop, maar instansies van buite sou terselfdertyd die geleentheid kry om hulle eie ware te verkoop deur ‘n tafel by die gemeente te huur.

Saterdag 2 Oktober breek die groot dag aan. Tot groot vreugde van almal daag mense in hulle hordes op om die mark te kom ondersteun. ‘n Feestelike atmosfeer heers terwyl kunstenaars lewendige musiek voorsien. Uiteindelik oortref die gemeente hulle stoutste verwagtinge met die opbrengs wat die mark lewer. Maar terselfdertyd was dit ook ‘n heerlike kuiergeleentheid!

Ballito Gesinskerk beplan nou om hierdie minimark op ‘n gereelde basis aan te bied. Hou gerus die pers dop!

Verskuilde Talent?

Maar ek ken mos daardie ou op RSG se webblab?” Ria kyk ‘n tweede keer. “Maar dis mos Prof Barry van Krantzkloof Gemeente! En dis Anel Engelbrecht van Ballito Gemeente hier links!”

Inderdaad is daar verskuilde talent in ons gemeentes! Prof Barry Tolmay, KZN se Assessor was onder ‘n handjievol amateurs wat gekies is om in ‘n RSG radiodrama op te tree. Die plekspesifieke drama, ‘n eerste vir RSG, Oom Willem se bankie deur Magdel Brand en Appel van Rensburg, is langs die see opgevoer deur die bekroonde regisseur Eben Cruywagen.

Die storie speel hoofsaaklik af op ‘n bankie wat oor die see uitkyk en vertel die verhaal van ‘n bejaarde man wat die laaste jare van sy lewe op die bankie slyt ná verkeerde keuses en besluite wat hy vroeër in sy lewe geneem het.

Moenie hierdie radiodrama misloop nie! Beleef die ander sy van Prof Barry wanneer hy die hoofrol speel op ‘n totaal ander vlak! Dit word op Donderdag 14 Oktober om 20:00 op RSG uitgesaai.

Agter v.l.n.r.: Thyrza Price (aankondigings); Gary Price (klankopnames); Barry Tolmay (WILLEM); Magdel Brand (medeskrywer en ALMA); Helmi White (JONG BABY). INLAS: Driekus Joubert (JONG WILLEM). Voor v.l.n.r.: Anelle Engelbrecht (SUSANNA); Appel van Rensburg (medeskrywer); Chanelle Matthee (JONG SUSANNA); Doné van den Bergh (ISABELLA); Barbara McArthur (BABY); Eben Cruywagen (regisseur)

Hulpbronhubs versterk mariene biodiversiteit.

Die groot opening van twee gemeenskapshulpbronne in die noorde van KwaZulu-Natal was 'n rede tot groot viering op Vrydag. Die doel van hierdie projek is om die beskerming te verhoog en die bestuur van marine biodiversiteit by iSimangaliso te versterk, terwyl die lewensbestaan van aangrensende gemeenskappe verbeter word.

Lees die volledige artikel

Help om ons bye te red van ekologiese ineenstorting.

Miljarde bye, skoenlappers en kewers gaan dood en bedreig ekologiese ineenstorting. Giftige landbouplaagdoders is een van die belangrikste skuldiges, maar ons het nou 'n unieke kans om dit uit te faseer. As ons help om daar te wen, kan die res van die wêreld volg.

Lees die volledige artikel

Hoe om jou digitale impak op die omgewing te verminder.

Of jy nou 'n e-pos stuur, op die internet soek of selfs net jou boodskappe stoor - dit lyk miskien heeltemal onskadelik, maar die omgewingsgevolge is 'nwerklikheid. Wat is digitale besoedeling en hoe kan ons die impak verminder?

Lees die volledige artikel

Uitnodiging: CLF-Elise Tempelhoff Toekenning vir omgewingsbewaring en -geregtigheid

Neem asseblief kennis dat uitgewers, opvoedkundige inrigtings of individue welkom is om nominasies in te stuur vir die CLF-Elise Tempelhoff Toekenning vir Omgewingsbewaring en -Geregtigheid vir 2022. Dit vorm deel van die gesogte Andrew Murray Prysfonds se toekennings. Die prysgeld beloop R10 000.

Die 2022 Toekenning sal vir die derde kategorie wees: Akademiese (teologiese) publikasies oor enige aspek van omgewingsgeregtigheid op grond van algemene Christelike (Bybelse) waardes, wat in die voorafgaande drie jaar deur uitgewers uitgegee is en die openbare bewussyn oor omgewingsgeregtigheid beïnvloed het. Die publikasies kan skripsies, proefskrifte en elektroniese werke wees wat deur uitgewers op amptelike platforms gepubliseer is. (Sien Asseblief die aangehegte inligtingsbrosjure).

Alle nominasies moet asseblief ingehandig wees op 25 Oktober 2021 by info@clf.co.za of by die CLF se adres soos in die briefhoof hierbo.

Maak asseblief gebruik van die aangehegte nominasievorm. Alle addisionele dokumente (artikels, tesisse, PDF Boeke, ens.) kan bygevoeg word of as harde kopieë (4 kopieë) aangestuur word.

Nominasievorm

Lees die volledige dokument

REGISTREER GRATIS EN WEN!

Jy kan vandag een van ons mid-week verblyfpakkette ter waarde van R4000 by 'n ATKV-oord van jou keuse WEN
deur te registreer!

Is dit tyd vir ‘n wegbreek? Of net ‘n bederf-oggend saam met jou vriendinne?
Dan is LiGter, die aanlyn tydskrifprogram net die geleentheid vir jou! Dit is ‘n gratis verskeidenheidsprogram wat op 30 Oktober uitgesaai word. Daar is ook gelukkige trekkings ter waarde van meer as R100 000 om gewen te word!
Dalk kan jy ‘n bederfoggend vir jou gemeenskap reël.
Doen dit só:

Nooi vriendinne, en maak ‘n afspraak vir ‘n hartskuier. Elkeen bring ‘n ietsie om te eet, en almal kyk saam na die inspirerende program wat regstreeks uitgesaai word.
en/of
Kerke, skole, gastehuise of aftreeoorde kan ‘n feestelike geleentheid daarvan maak. Dek tafels, reël vir lekker kos, kry ‘n groot skerm en ‘n goeie internetkonneksie – en siedaar! ‘n Vroue-oggend vol inspirasie.

Koop jou LiGter-trekkingskaartjie en ondersteun ons LiG vir Lisa projek!

'n Gevangene uit die Christiana -gevangenis het aan ons geskryf en gesê:' Ek het die Bybel nooit ernstig opgeneem nie, maar nadat ek aan hierdie Bybelkursus deelgeneem het, weet ek dat die dinge wat in die Heilige Skrif staan, my weer gesond gemaak het. '

Hy het een van ons twintig programme voltooi wat spesifiek met die oog op oortreders geskryf is. Hierdie programme bevat die boeke soos Your life, your choice, Liberty in ballingskap en My pand: Committed to change.

Ons stuur gratis meer as 10 000 Bybelstudieboeke per jaar aan oortreders uit. Ons ontvang ongeveer 450 toetse per maand van ons studente in die gevangenisbediening. As hulle die toetse slaag, ontvang hulle 'n sertifikaat. Dit tel in hul parool. Dit is dikwels die eerste en enigste spesiale toekenning wat hulle in hul leeftyd ontvang.

Lees die volledige artikel

In ’n snelveranderende wêreld wat op effektiwiteit fokus, is daar ’n soeke na 'n relevante teologie. Vakke waaruit gekies kan word, sluit onder meer die volgende in: • Pastorale sorg en berading • Narratiewe pastorale terapie • Gemeentestudie • Leierskap • Geloofsvorming • Homiletiek • Liturgiek • Missiologie.

Lees die volledige artikel.

Nagraadse diploma in Teologie