Oorlewing in moeilike tye

Ons leef in tye waar gemeentes sukkel om finansieel kop bo water te hou. Afgesien van die groot knou wat baie van ons gemeentes weg het deur die opstande ‘n ruk gelede, eis Kovid 19 al hoe meer sy tol. Gemeentelede trek swaar, dus is die eerste wat daaronder ly die inkomste uit dankoffers en erediens kollektes. Dis nie alleen die klein gemeentes nie, maar ons verneem al selfs van groot gemeentes wat raadop is.

Nou is die tyd om kreatief te begin dink om alternatiewe bronne van inkomste te begin ontgin.

So het ons byvoorbeeld van ‘n hele paar gemeentes gehoor wat gevriesde hoender van Rainbow Chicken gekry het gedurende die opstande. Mense was egter so gaande oor die kwaliteit van die hoender, dat daar gemeentes is wat steeds op gereelde basis hoender van hulle kry en so ‘n goeie inkomste vir die gemeente genereer.

So verkoop Ballito Gesinskerk (Noordkus Gemeente) nou al etlike jare elke Saterdag pannekoek, vetkoek en koeksisters. Die inkomste wat hulle so genereer, dra hulle tot ‘n groot mate deur ‘n finansiële droogtetydperk.

Posduif sal baie graag hoor wat JOU gemeente doen om die gemeentebootjie te laat dryf. Deel asseblief met ons sodat ander gemeentes ook by julle kan kers opsteek. Die tyd het aangebreek dat ons hande vat en mekaar help.

 

 

 

Troukoors

loop

Hoog!

Die tyd kruip nou vinnig nader vir Ds Marlize Malherbe om die knoop deur te haak met Tinus van Staden! Die dinge-om-te-doen lysie begin al korter raak en die opgewondenheid al groter, want volgende Saterdag is die gróót dag wanneer sy nie agter die kansel staan nie, maar vir ‘n verandering vóór die kansel saam met Tinus.

Posduif gaan probeer om ‘n paar troufoto’s in die hande te kry, en dan berig ons oor die gebeurtenis wat die Richards Baai Gemeente totaal gaan verander!

Ons wil van hierdie geleentheid gebruik maak om vir Tinus en Marlize ‘n huwelikspad propvol liefde en omgee vir mekaar toe te wens. Mag julle huweliksbootjie veilig en voorspoedig seil deur kalm sowel as stormwaters.

 

 

CLF Nuusbrief

"As sy praat, is dit met wysheid;

as sy leiding gee, is dit met liefde."

Spreuke 31:26


Klik hier om die volledige nuusbrief af te laai.

Afghanistan is skielik op almal se lippe. Met skok het ons gehoor hoedat die Taliban skielik die hele land oorgeneem het.

Wat presies het daar gebeur?

Die Taliban, ‘n Islamitiese ekstremistegroep wat Afghanistan tussen 1996 en 2001 regeer het, het nou weer beheer van die land oorgeneem op 15 Augustus. Hierdie totale oorname het ‘n skamele 7 dae geneem en elke rolspeler totaal onkant betrap. Skielik het duisende mense na lughawens gestroom om uit die land te probeer vlug terwyl internasionale magte wanhopig probeer om die vlugtelinge te ontruim.

Klik asseblief op die prentjie om die baie insiggewende berig deur Inkonteks oor hierdie situasie te lees. Die berig is veral gerig op ons voorbidding vir die gelowiges van Afghanistan.

Ons bring graag die volgende kursus onder julle aandag:

Kursus in Spirituele Begeleiding aangebied oor 2 jaar in Engels deur die Sentrum van Spiritualiteit, Pretoria.

Klik op die prent vir ‘n volledige uitleg van die kursus.

The aim of this course is to learn the art of spiritual direction by practicing the theory in depth.

Participants’ personal and spiritual development is thoroughly facilitated during the course.

Since it’s inception in 2006, the course falls under the Centre for Spirituality of the Circuit of Southeast Pretoria of the Dutch Reformed Church, but also joins Excelsus, the Centre for Further Development of Ministry at the University of Pretoria.

Ministers can earn 150 CPD points for completing the full course.

All denominations are welcome to sign up for the course.

The books prescribed are sourced from contemplative spirituality and theology.

The spirituality to which you will be exposed, will take you on a transformative journey.

The language of instruction for the course is English.

We encourage participants who are older than 34 years of age.

Applications close Monday 13 September 2021.

From the first 25 applications received, 13 applicants will be selected.

The selection process will require completion of an application form, accompanied by a recent photo, as well as an interview with the panel of organizers, in person or via zoom.

The outcome of the selection process will be communicated by the end of October 2021.

For more information, please send an email to info@sd.co.za

Excelsus-groete

Rika

 

Lente Konferensie Sprekers:

Ons sprekers vir die ses Fakulteitwegbreek-sessies is:

 

Die sprekers vir die Namiddagwegbreeksessies by vanjaar se Lentekonferensie is:

Besoek gerus ons webblad www.excelsus.org.za vir die volledige brosjure en die skakel om aanlyn in te skryf.

Excelsus-groete

Rika