Die afgelope week was weer ‘n groot uitdaging vir meeste van ons. Die groot kommer oor die vinnige verspreiding van die Kovid-virus, veral in Gauteng, maar plaaslik, in dele van KZN vlam dit ook hoog op. Ons mag nie te gerus wees nie!

Een van die gevolge van hierdie derde vlaag, is dat ons kerke weereens gesluit is. Dit het tyd geword dat ons kreatief moet dink, veral vir die aanbieding van ons eredienste via die internet. Ons gemeentes moet besin of die video’s wat ons op Youtube plaas van goeie gehalte is. Sal dit mense aanspoor om daarna te wil kyk? Of is dit maar net ‘n video’tjie wat vinnig saamgeflans is? Ons het ‘n gids saamgestel wat jou riglyne gee oor hoe om ‘n goeie video te maak sonder om groot uitgawes te maak. Laai dit gerus af by: Video Opnames

Ongelukkig is daar van die kleiner gemeentes, veral dié wat nie ‘n leraar het nie, wat nie sulke opnames kan maak nie. Vir hulle is daar ‘n wye keuse van gemeentes se eredienste wat gebruik kan word. Ballito Gesinskerk en Krantzkloof Gemeente plaas byvoorbeeld elke Sondag ‘n erediens op Youtube. Ons neem die erediens gedurende die week op en redigeer dit en stuur dit dan op die Sondagoggend uit per E-pos sowel as Whatsapp.

Die vraag is: hoe kry ek die eredienste by ons lidmate uit? Een van die mees effektiewe is om ‘n Whatsapp “Broadcast” te doen na al die gemeentelede. Hier is ‘n voorbeeld van hoe so ‘n Whatsapp sal lyk:

Ballito Gesinskerk Erediens Sondag 27 Junie

Tema: Om in afhanklikheid voor God te leef.

Skriflesing: Psalm 72

Prediker: Ds Alwyn Small

Luister na Oudio Preek – noordkus.co.za/img/preke/210627AS.mp3

Lees preek in PDF - noordkus.co.za/img/preke/210627AS.pdf

Video Opname - youtu.be/ZjqVIZr1vO0

Maak 'n Bydrae – bit.ly/Bydrae

Hierdie Whatsapp maak voorsiening daarvoor dat die preek op Youtube verskyn en dat daar ook ‘n klankopname beskikbaar is sowel as ‘n skriftelike uitleg van die preek as PDF lêer. Van hierdie items kan weggelaat word. Dit is egter belangrik dat die lidmate steeds die geleentheid gebied word om ‘n bydrae te kan maak, daarom plaas ons die bankbesonderhede asook ‘n QR Kode vir Zapper indien jou gemeente dit beskikbaar het.

Die groot geheim is: WEES KREATIEF!

Groete,

Louis Nel

Ons Erfenis

Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.” (Gen 1:26).

Die Here het die aarde aan ons toevertrou. Die vraag is of ons werklik moeite doen om dit te bewaar? Is ons byvoorbeeld bereid om ‘n bietjie moeite te doen om ons rommel te sorteer sodat dit herwinbaar is? Of is ek bloot deel van die massa wat besig is om God se skepping te vernietig?

Green Times is ‘n nuusbrief wat verskeie bewarings opsies bekyk en mense probeer aanspoor om bewaringsbewus te wees. Lees gerus die nuutste nuusbrief HIER. Dit raak ‘n wye verskeidenheid van kwessies aan, soos hernubare krag, skoonmaak van strande, die kwyning van ons marine bronne en nog baie meer.

Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys

Ek wil hierdie maand vra dat u sal bid vir die volgende:

Ons onderwyspersoneel en ons leerders. Ten spyte van voorsorgmaatreëls wat deur die skole getref word, asook die nakoming van die regulasies, bly die getal infeksies steeds hoog.

Een van ons hoofde wat tans in ’n intensiewe sorg eenheid opgeneem en aan ’n ventilator gekoppel is.

n Sterk fondament

Hierdie tyd verg ’n geloofshuis met ’n stewige fondament. Die winde waai, die storms woed – en my geloofshuis moet hou. Ons voel onseker oor baie dinge. Ons beleef soms emosies wat ons ondertoe wil trek, na wanhoop en moedeloosheid. Elkeen van ons beleef dit anders. Vir sommige is dit ’n tyd van rus en ontspanning. Vir ander pak die donker wolke saam as hulle dink oor hoe hulle vorentoe moet oorleef. My geloofshuis het ’n sterk en stewige fondament nodig. Vir die goeie tye en vir die Kovid-19-tye.

DR GAVIN MEISTRE

 

Geleen uit ’n artikel op die NG Gemeente Garsfontein se blog.

 

Lees asseblief die volledige nuusbrief hier.

 

 

CLF Nuusbrief

CLF se MEGA Winter Uitverkoping begin Donderdag, 1 Julie 2021!

Die uitverkoping behels ’n 30% afslag op alle Kerklike benodigdhede, Bybels en Liedboeke.

Die promosionele kode CMBH21 moet vir alle aanlyn aankope gebruik word.

Bestelling kan ook per e-pos gestuur word na order@clf.co.za

Besoek ons aanlynwinkel hier https://shop.clf.co.za/ of direkte aankope

Bybelshttps://shop.clf.co.za/product-category/books/bibles/

Liedboeke https://shop.clf.co.za/product-category/books/hymnal/

Kerklike benodigdhedehttps://shop.clf.co.za/product-category/church-materials/

Die volgende termes en voorwaardes is van toepassing:

Die uitverkoping sluit Kinderbybels uit. BTW is ingesluit, maar Posgeld is uitgesluit.

Die uitverkoping en afslag is geldig vanaf 1 – 31 Julie 2021.

Is Kovid Inenting die Merk van die Dier - 666?

Hier is 'n maklik-verstaanbare "teologiese" gids oor immunisasie. Prof Stephan Joubert het ook in 'n gesprek talle wanopvattings oor die boek Openbaring, immunisasie en die getal van die Antichris 666, reggestel.

Die artikel verskyn by die Oos Kaapse Kerk en die skakel hieronder vat jou na hulle webblad. Daar is 'n video onderhoud met Stephan te sien.Lees die artikel en sien die Video

SPIRITUAL DIRECTION TRAINING

THE WESTERN CAPE PARTNERSHIP

SDT - WCP

The WESTERN CAPE PARTNERSHIP for SPIRITUAL DIRECTION TRAINING – a partnership between the Centre for Christian Spirituality and the Andrew Murray Centre - presents a two-year spiritual direction training program, starting in March 2022.

Course Content: The content and quality of the course follows international Spiritual Direction training standards but contains material specific for our South African context. The central focus of spiritual discernment is supported by input on various themes associated with good spiritual direction practice based on elements of faith and theology. The course is intentionally designed to be applicable across all Christian traditions.

Modules: The course comprises eight 4-day modules (Wednesday-Saturday). Reading and tasks will be assigned in between modules.

2022 Dates: March 9-12, June 8-11; August 24-27; November 9-12

Cost: R10 000 per year for 2 years. Bursaries may be applied for.

Faculty: The faculty of the programme are all experienced spiritual directors. Expert subject presenters will also contribute.

Applications: Applicants will be expected to fill out an application form giving the names of two references who may be contacted, followed by an in-person interview. Applicants should currently be in a process of spiritual direction. Applications close 31 August. For an application form or more information contact Bridget Leibbrandt at Communitas, Stellenbosch. Email bleibbrandt@sun.ac.za.