Escombe

Escombe Gemeente is een van ons talle klein gemeentes wat swaar gebuk gaan onder finansiële druk. Hulle het nie ‘n voltydse leraar nie en deel ‘n predikant met Westville Gemeente.

Nogtans het hulle besluit dat hulle beslis nie gaan lê nie, en die afgelope Sondag het hulle weereens ‘n voorbeeld gestel aan die groot gemeentes met die manier waarop hulle Drie-Eenheid-Sondag gevier het.

Hulle het aan die werk gespring om iets baie spesiaal vir die gemeente daar te stel, en een van die jong dames, Ané Fourie het die baie besonderse uitbeelding op die foto hier onder gemaak en die kansel daarmee versier. Daar is ook boekmerkies gemaak om almal aan die besonderse dag te herinner en elke persoon het so 'n boekmerkie ontvang.

Dit het aan die lig gekom dat daar steeds baie verwarring en onsekerheid bestaan oor presies hoe die POPIA wetgewing in gemeentes geïmplimenteer moet word. Daar was reeds kursusse aangebied hieroor, maar steeds weet gemeentes nie hoe om dit te benader nie. Boonop is die registrasie van amptenare gladnie so eenvoudig nie, selfs verwarrend.

Maar daar is goeie nuus! Winkerk bied ‘n kursus aan wat spesifiek gemik is op gemeentes. Wanneer jy hiervoor inskryf, is daar ook ‘n registrasievorm op hulle webwerf, en as jy steeds sukkel daarmee, is hulle bereid om jou te help om dit in te vul. Boonop het hulle reeds ‘n handleiding opgestel wat in gemeentes gebruik kan word.

Kyk gerus by https://www.infokerk.co.za waar jy kan inskryf vir die kursus.

Beste Vriende,

 Ek vertrou dit gaan met jou goed te midde van alles en nog wat in die derde vlaag. 

Ons het pas gehoor dat elkeen in ons gesin se PCR toets resultate negatief is. Ons is dankbaar en verlig! Met peperduur sertifikate in die hand en vol gepropte tasse slaggereed, is ons vlugte ingeboek en staan ons op die punt om te vertrek na Johannesburg. Dis een week vroeër as onlangs beplan, a.g.v. gekanselleerde vlugte na Kaapstad. Maar dis ook een jaar later as aanvanklik beplan, a.g.v. Covid-19.Wat kan ons sê? Ons wik, maar God beskik.
 Ons eerste missie is nou om veilig en gesond in Suid-Afrika te kom. Ondersteuners, familie en vriende se voorbereidings, omgee en gebede, bemoedig ons regtig. Nog vóór ons daar aanland, is die Here se voorsiening ons vooruit, vér bo ons gebede en verwagtinge. Dit gee ons krag om die groot ontwrigting wat dié skuif vir ons meebring, met blydskap aan te pak.

Terwyl ons binnekort akklimatiseer van somer na winter (en in velerlei ander opsigte), gaan ons sover moontlik self-isoleer vir die eerste 2 weke, komende van internasionale lughawens. In daardie tyd gaan ons ook ons besoek program vir die komende 5 maande skeduleer. As jy op 'n dag later vanjaar verby Stilbaai (ons basis) ry en tyd het, loer gerus in. Andersins sien ons jou hopelik in persoon by ‘n ander ontmoeting iewers op ons roete van besoeke aan gemeentes, kleingroepe ens.

Dit voel alles ‘n bietjie onwerklik, gegewe die buitengewone omstandighede. Maar ons opgewondenheid en afwagting is nou nie meer getemper nie. Nader aan vertrek kan ons nie kom nie …

Baie dankie dat ons kan staatmaak op jou ondersteuning en gebede.
Vrede en vreugde,

Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan 

NS: hieronder is ‘n paar foto’s van onlangse gebeure, asook ons gebedsversoeke.  

Foto's (links na regs, bo na onder):
1. Twee nuwe KRTS maats van Korea speel by ons.
2. Saam met ons kinders se Japannese onderwyseres wat kom afskeid neem.
3. Carina deel kinder boodskap by ons laaste
English Worship.
4. Stéphan se laaste klasgee geleentheid vir die kwartaal.
5. Tafeltennis tydens KRTS retraite. 

GEBEDSVERSOEKE

Ons is dankbaar vir Here se sorg en voorsiening t.o.v.:

Almal se gesondheid, ons voorbereidings (dit was taai!) voor ons vertrek.

Baie ondersteuners se finansiële, praktiese bydraes t.w.v. ons besoek. 

Carina se ouers se huis wat ons basis sal wees vir die 5 maande in Stilbaai.

Vra asb. vir sy leiding en beskikking in:

Ons reise in die volgende dae, aanpassing in SA, goeie geleentheid om te rus, met familie en vriende tyd te spandeer.

Alle beplande besoeke aan gemeentes, kleingroepe, individue  t.m.v. Covid-19 inperkings in kerklike aktiwiteite.

Alle RCJ gemeentes in Japan se getuieniswerk, voortgaande teologiese opleiding by KRTS.

Elmar en Nadine Du Rand se studiewerk in Japan en hulle beplande besoek aan SA vanaf middel Julie.

MAAK 'N BYDRAE VIR MISSIE JAPAN

Vadersdag is 'n dag vol liefde en viering van pa's regoor ons land. Hierdie jaar vier ons Vadersdag op Sondag, 20 Junie en gee vir elkeen van ons die geleentheid om vir dié merkwaardige pa’s in ons lewens baie dankie te sê!

Ons pragtige boeke en Bybels is die ideale geskenk om hulde te bring aan elke pa wat in hierdie uitdagende tye, gesinne koester en kinders met liefde versorg, opvoed, beskerm en 'n rolmodel vir hulle is!

Aan Pa met liefde

PRYS: R95.00

Aan Pa met liefde is ’n kleinood met prettige sinne wat kinders maklik kan voltooi. Bemoedigende teksverse en aanhalings is deur die boek versprei. Dit sal ’n persoonlike geskenk maak wat perfek is vir Vadersdag of enige dag van die jaar.

KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

Sielskos

PRYS: R99.00

Hierdie bundel is saamgestel uit hoogtepunte van die laaste 15 jaar se "Laaste sê" rubrieke deur Koos van der Merwe in Sarie. Koos weef meesterlik met woorde en het die vermoë om diep betekenis uit alledaagse situasies te haal. Koos vertel van mense, en hulle soeke na hoop, maar ook ons almal se verlange na die Een wat ons nooit sal laat gaan nie.

KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

Die Afrikaanse Bybel vir mans

PRYS: R219.00

Hierdie unieke standaard grootte Afrikaans 1983-vertaling Bybel is die ideale Vadersdag-geskenk vir ‘n spesiale Pa.

Dit het 'n pragtige grys fleksieband-omslag, met duimindekse, merklint en silwer-op-snee.

Ingesluit is meer as 50 kleurbladsye met bykomende materiaal wat spesiaal vir mans ontwikkel is.

Die Afrikaanse Bybel vir mans bevat ook ‘n voorwoord, kruisverwysings, woordelys en kaarte.

KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

Wysheid uit die Woord

vir mans (Hardeband)

PRYS: R99.00

Wysheid uit die Woord vir mans bied vir mans Bybelse antwoorde en woorde van bemoediging vir die lewensareas waarin hulle dit die nodigste het. Hierdie pragtige tweekleur-boekie fokus op tydlose waarhede oor 100 onderwerpe, soos besigheid, gesag, karakter, leierskap, reputasie en stres. Daar is ’n alfabetiese indeks agter in sodat mans die antwoorde wat hulle soek, maklik kan opspoor. Elke onderwerp bied diepgaande vrae met Bybelse antwoorde uit die Skrif.

KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

Seisoenskos

PRYS: R119.00

Perfekte geskenk vir die Pa’s wat lief is vir kosmaak!

In Seisoenskos word jy genooi om heeljaar volgens die seisoen te eet. Die voordele van hierdie nuwe kosneiging is legio: Nie net gaan jou beursie dikker wees nie, maar dit trap ook ligter op Moeder Aarde. Boonop is al die bestanddele wat jy vir hierdie resepte benodig, geredelik beskikbaar. Verlekker jou in die lekkertes van elke seisoen: waatlemoen, perskes en druiwe in die somer; appels, grenadellas en vye in herfs; lemoene, nartjies en suurlemoene in die winter en avokado's, kappertjies en spruite in die lente.

Elke seisoen maak voorsiening vir voorgeregte, brood en happies, hoofgeregte en nageregte en gebak. En vir die avontuurlustiges: Ontdek hoe maklik dit is om witloof gaar te maak en artisjokke te braai. Met nuttige wenke soos hoe om jou eie groen knoffel te groei en wat pienk sout is asook breedvoerige verduidelikings wat al die resepte maklik maak. 

KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

Op pad deur Betlehem

PRYS: R199.00

Op pad deur Betlehem bevat 66 stiltetyd-oordenkings van Genesis tot Openbaring.

Dit is die perfekte boek vir elke Pa om sy stiltetyd sinvol te bestee en te geniet!   

Soos die ganse Ou Testament afgestem was op die koms van die beloofde Messias, so is die Nuwe Testament afgestem op sy reële koms en die totstandkoming van die nuwe Israel. Die skrywer hou daarvan om die kronologie, tydvak en kulturele atmosfeer rondom ’n gebeurtenis of persoon te ondersoek en poog om die stof toeganklik te maak, met herkenbare raakpunte van die lewe vandag.

KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

Afrikaanse Mediumbybel

Luukse bruin verwerkte

leerband 2020-vertaling

PRYS: R469.00

Bederf jou Pa met ‘n splinternuwe nuwe 2020-vertaling Bybel met ‘n pragtige bruin verwerkte leeromslag.

- Volledige Bybel
- Mediumgrootte
- Kleinletteruitgawe
- Luukse bruin verwerkte leeromslag
- Goud-op-snee, duimindeks en merklint
- Voorwoord, kruisverwysings, voetnote, verantwoording, woordelys en kaarte

KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

Leef! Een dag op 'n keer

PRYS: R250.00

365 Dagstukkies wat inspireer!

Ons lewe is gejaagd. Ons omstandighede – goed en sleg – stoot ons hiernatoe en daarnatoe. Ons voel asof gebeurtenisse buite ons beheer ons lewe bepaal.

Ons smag na vrede, na ’n plek waar veiligheid en rus is. As antwoord op hierdie soeke na vrede herinner die geliefde predikant en skrywer Trevor Hudson lesers aan die beproefde wysheid in die alombekende Gebed om kalmte:

God, skenk my die gemoedskalmte, om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie, die moed om die dinge te verander wat ek kan, en die wysheid om te weet wat die verskil is.

Hierdie 365 oordenkings verken elke aspek van hierdie gebed en hoe jy dit daagliks op jou lewe kan toepas. Namate jy die Gebed om kalmte gebruik as gids om elke dag in vriendskap met jou Here en Skepper te lewe, sal God se geskenk van vrede jou lewe vul en deur jou vloei waar jy jou ook al bevind. Elke oordenking word afgesluit met ’n praktiese voorstel hoe jy hierdie gebed elke dag kan uitleef. Só sal jou lewe ál meer op God gefokus word, en sal jy die innerlike vrede ervaar waarna jou hart smag.

KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

Daaglikse lig vir mans

(Hardeband)

PRYS: R169.00

Hierdie besondere volkleur-dagboek met 366 oordenkings vir mans sal bydra tot dae gevul met die wonder van God en sy beloftes wat vir altyd van krag is.

Die beste manier om die dag te begin is deur tyd aan God en sy Woord af te staan. So word ons versterk om die uitdagings wat voorlê die hoof te bied, maar ook om ingestel te wees op God se hand en die wonders wat daardeur in ons lewe plaasvind.

Daaglikse lig vir mans is ’n klassieke versameling van 366 oordenkings spesiaal vir mans. Elke oordenking is ’n versameling teksverse wat só saamgevoeg is dat die dag se stukkie ’n eenheid vorm wat God se woorde oor daardie onderwerp pragtig saamvat.

KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

The world needs a father

PRICE: R240.00

The most fundamental flaw in society is fatherlessness. It is time to delve into the roots of this problem in ourselves and in our communities. It is time to recognize the impact of father wounds in our own lives. Some of those wounds have created hell on earth, not heaven. It is time to seriously take up the responsibility of fatherhood so that the sins of our fathers will not continue to destroy God’s marvelous intention for our lives. It is the time to recognize how a world suffers when Father God is not taken seriously and when His ways are not transferred by His image bearers.

The world needs a father will be your guide to understand your role as a father so that the ripples can start flowing through your home, your community and eventually the world. You will learn how a father:

• Establishes moral authority

• Confers identity

• Provides security

• Affirms potential

BUY NOW  |  READ MORE

Vir meer inligting en bestellings, kontak asb vir BYBEL-MEDIA HANDEL by 0860 26 33 42 of bestel@bmedia.co.za. Besoek gerus ook ons webblad by bybelmedia.org.za

Goeiemiddag NG kerk-familie

Hier is goeie nuus!

Die elektroniese Christelike Kernensiklopedie (eCKE) is GRATIS beskikbaar by www.ecke.co.za

Wat is die eCKE?

Dis jou betroubare, lewende Christelike ensiklopedie, die enigste van sy soort in Afrikaans.

Dit het meer as 160 medewerkers en nagenoeg 4 000 lemmas (kort artikels).

Dit vertel die verhaal van die Christelike geloof van aanvang tot hede en dui die verskillende stromings, gedagterigtings en historiese gebeurtenisse en persone aan wat ‘n bepalende invloed op die Christendom in Suid-Afrika, Afrika en die wêreld gehad het.

Dit laat lig val op draaipunte in die voor-, antieke en moderne geskiedenis – soos die sondvloed, die Babiloniese ballingskap, die kruistogte, die Renaissance, die Hervorming, die Anglo-Boereoorlog, die wêreldoorloë, die Belydenis van Belhar, Nine-Eleven (9/11), Covid-19 …

Dit verduidelik talle Bybelse woorde en begrippe.

Dit weeg en oorweeg die bydrae van baie mense en gebeurtenisse wat ons gebring het waar ons ons nou is.  

Hierdie ensiklopedie wil ‘n bydrae lewer dat jy God, die Woord, die kerk, die wêreld, die geskiedenis, jou land, jou geloof, ander gelowe en jouself ‘n bietjie beter kan verstaan. DIS BEDOEL VIR JAN EN SAN ELKE MENS. DIS BEDOEL VIR JONG EN OUER BYBELLESERS. DIS BEDOEL VIR TEOLOGIESE STUDENTE. DIS BEDOEL … VIR JOU!

Onthou: Dis gratis. Ons borge betaal die rekening: Bybel-Media (uitgewer), FAK, die Christelike Lektuurfonds, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Teologiese Fakulteite, ATKV, Hiemstra-trust, Dagbreek-trust, Ton Vosloo-trust, PUK-Kanselierstrust. BAIE DANKIE AAN HULLE ALMAL!

Help asseblief om die eCKE wyd en syd bekend te stel. Die webwerf-adres is maklik om te onthou: www.ecke.co.za

Vriendelike groete –

Frits Gaum

Hoofredakteur: eCKE

Vroue saam met Jesus

Lukas 8:1-3

Video

Audio

Om die Evangelie te verkondig is nie kinderspeletjies nie, veral as jy dag-vir-dag, van vroegoggend tot laataand omring en verdruk word deur ‘n skare wat dikwels baie duisende beloop, en elkeen soek jou persoonlike aandag. Dan begin dit baie harde werk word. Jesus was nie die enigste wat hierdie druk gevoel het nie, die twaalf wat Hy uitgekies het, het dit sélf ook maar nie juis maklik gehad nie. Hulle het nie maar die hele tyd net van Jesus geleer en geluister wat Hy gesê het nie. Nee, hulle was prakties in die veld saam met Hom. Hulle moes die skare versorg en in bedwang hou, en hulle was verantwoordelik daarvoor om toe te sien dat Jesus nie vertrap word nie.

Ek dink nie ons besef aldag waardeur hierdie span gegaan het nie. Dit was uitputtende werk wat dikwels tot diep in die nag aangegaan het. Vir kosmaak en die algemene versorging was daar net eenvoudig nie tyd nie. En hier het ‘n paar vroue wat alreeds Jesus se wonderlike genesing ervaar het, die nood gesien en besluit om te kom help.

Dit was nie rêrag ongewoon vir vroue om ‘n rabbi van geld en kos te voorsien nie, maar hier het dit ‘n stappie of twee verder gegaan, want hierdie vroue het alles gelos om saam met Jesus en sy geselskap rond te trek deur die land. Dit was absoluut ongehoord, en dit sou eintlik as ‘n skande beskou gewees het in hulle samelewing, veral vir die getroude vroue. G’n wonder dat baie mense bitter ongemaklik gevoel het oor Jesus nie, want Hy het veroorsaak dat mense dinge doen wat jy nie normaalweg veronderstel is om te doen nie. Die sosiale strukture en tradisionele gebruike is tot in hulle fondamente geskud toe Jesus die dag begin preek!

Die name wat Lukas hier noem, hoor ons later in die verhaal weer, en aan die einde van Lukas se verhaal sien ons hoedat hulle saam met die apostels getuies word van Jesus se opstanding. Ons weet nie hoeveel vroue betrokke was nie, maar Lukas noem enkeles: Maria wat van die vissersdorp Magdala afkomstig was, het die bynaam Magdalena gehad. Johanna was getroud met Gusa, ‘n hoë amptenaar van Herodus Antipas. Hy was die bestuurder van Herodus se huishouding. Sy was dus ‘n vooraanstaande vrou in die samelewing wat haar reputasie op die spel geplaas het om Jesus en Sy twaalf manne te versorg. Johannes vertel ook van Maria, vrou van Klopas, wat waarskynlik getroud was met Josef se broer Klopas. Sy was saam met haar skoonsuster Maria, die ma van Jesus, en ander vroue by die kruis. Moontlik was sy en haar man van die eerste sendelingpare. Ons lees, terloops van sewe vroue in die Nuwe Testament met die naam Maria.

Kosmaak, klere was, water aandra, slaapplek voorberei, ander mense se kindertjies troos, dit was hulle dagtaak. Ek neem aan dat hulle dikwels dalk in die veld moes slaap op die harde grond saam met die res. Hierdie vroue was die ruggraat van die hele bediening. Ons sien hulle hier as die “ondersteuningspan”.

Ons sien dus dat hierdie vroue uit alle vlakke van die samelewing gekom het. Sonder hulle ondersteuning sou die hele operasie platgeval het, want die manne sou net eenvoudig uitgebrand het.

Ons is so geneig om op die geringer takies in koninkrykswerk neer te sien as onbelangrik. Dikwels is dit juis daardie “geringer takies” wat die ratte geolie hou en die wiele aan die rol hou. Ek onthou as kind, hoe ek dikwels met minagting staan en kyk het na ‘n kêrel wat op Waterval Boven langs die treinspoor staan met ‘n klein langsteel hamertjie. Met elke trein wat verbykom klop hy teen die wiele met sy hamertjie, dag-in, dag-uit, tot vervelens toe. Dis al wat hy heeldag doen! Ons het spottenderwys na hom verwys as die “Tappiologist”. Almal het neergesien op hierdie arme kêrel. Tóg het hy ‘n uiters verantwoordelike werk gehad, want hy het fyn geluister na die geluid wat elke hamerslag maak, en as een dalk anders klink as die res, is die trein summier gestop, want dan het dit beteken dat daar fout is met die wiel, en dat dit dalk ‘n tragiese ontsporing kon veroorsaak wat selfs menselewens kon kos.

Uiteindelik is die vroue die enigstes wat kopgehou het toe alles besig was om uitmekaar te val. Toe die twaalf uitgesoekte apostels moedeloos uitmekaar gespat het en selfs begin sê het dat hulle Jesus gladnie eers ken nie, was dit hierdie vroue wat tot op die bittere einde by Jesus gestaan het. Selfs toe Hy aan die kruis hang, was hulle daar om Hom te probeer ondersteun in Sy laaste oomblikke. En dit was hulle wat Sy lyk versorg het en Hom begrawe het. En daardie Sondagoggend was dit weereens húlle wat eerste by die graf was om die laaste reëlings te kom tref. Dit was ook hulle wat die goeie nuus aan die ander dissipels uitgebabbel het oor Jesus se opstanding!

Het jy dalk ook een van daardie “geringe” takies in die Koninkryk? Voel jy dalk minderwaardig omdat jy nie eerder op die kansel kan staan nie? Wees verseker dat die ganse koninkryksmasjien tot stilstand sal kom sonder hierdie klein, onbenullige ratjies. Wees trots op jou takie, en doen dit met vreugde en oorgawe!

Gebed:

Here, dankie vir die taak wat U my gegee het om te doen. Help my om dit voluit te verrig!

Louis Nel

Uit: Ons Dag se Brood www.dagstukkie.co.za