Die 96ste vergadering van die KZN Sinode is op hande. In hierdie week se Posduif ‘n interessante brokkie nuus van ‘n Sinodevergadering van 52 jaar gelede.

Maar vir nou fokus ons op die hede en beplan vir die toekoms! Die redaksie van Posduif wens elke afgevaardigde ‘n baie geseënde en vrugbare Sinodevergadering toe. Ons gaan poog om nuusbrokkies van die vergadering so vars as moontlik vir jou deur te gee.

Uit Toeka se Tyd

Ons is geneig om ‘n argivaris te sien as ‘n nors, verstokte ou tannie iewers tussen ‘n spul stowwerige dokumente. Ons argivaris, Hannelize van Wyk is egter baie anders. Haar innemende glimlag verwelkom jou dadelik as jy by ons argief in Pietermaritzburg kom. En kort-kort verras sy my met iets baie interessant wat sy tussen die ou dokumente ontdek.

Sy het onder meer Nuusbrokkies uit die verlede onder Tydskrifte en Nuusblaaie geplaas op ons webwerf, 3 artikels wat sy uit die Sendingbad gekry het. Sy sal so met die tyd meer artikels plaas.

Hierdie week haal sy ‘n stokou Kerkbode van iewers te voorskyn. Die datum: Januarie 1970. En tot my groot verbasing is die koerant in sy totaliteit gewy aan ons eie sinodesitting van 1969, ‘n volle 52 jaar gelede. Ek kon nie help om eers vinnig deur die koerant te blaai nie, en daar is die nostalgie toe sommer baie groot!

My oog vang een van die besprekingspunte wat handel oor die dra van ‘n toga deur predikante. En toe onthou ek dat Prof Attie Barnard, wat toe leraar in Durban Noord was, die Sondag na die Sinodesitting tydens die afkondigings so terloops genoem het, dat die sinode besluit het dat predikante steeds togas moet dra. En ewe droog merk hy op dat dit die koelste drag is wat tot nog toe voorgeskryf is, want daar was nooit gemeld dat hulle iets onder die toga hoef te dra nie!

Interessant is, dat dit toe reeds die 76ste Sinodevergadering in 104 jaar was, die hoogste getal vergaderings van al die provinsies. Selfs meer as Kaapland wat op daardie stadium slegs 36 vergaderings gehad het in 146 jaar.

Vir al die Sinodegangers wat oor ‘n paar dae by die 96ste Sinodevergadering van KZN gaan opdaag, wil ek net sê: wees baie dankbaar dat jy dit in gemaklike klere kan bywoon! As jy na hierdie foto kyk, sal jy merk dat al die afgevaardigdes die ganse vergadering moes deursit geklee in swart pakke en wit dasse. Boonop moes die predikante nog togas dra ook! G’n wonder die vergaderings het so WARM geraak nie!

Buiten vir al die interessante besluite en verslae wat in hierdie Kerkbode opgeneem is, was daar ook plek vir humor, soos die storie van Vryheid se eerste motorongeluk in 1919, en dit nogal die dominee se Fordjie wat in die stof gebyt het! En die liefdesgedig vir die Natalse gemeentes – “’n Flinke jongman van PAUL-PIETERS-burg het jare lank ge-VRY-heid na LADY-SMITH....”

Maar lees dit gerus self! Jy kan die hele Kerkbode HIER lees. Dit is 58Mb groot.

Boeke benodig

Is jy dalk ‘n dominee wat reeds afgetree het? Nou het jy rakke vol teologiese boeke wat jy nie sommer weer gaan gebruik nie.

Die Dingaanstat Trust is dringend op soek na sulke boeke vir hulle teologiese biblioteek. Ons probeer om ’n studieplek te skep vir studente wat dalk ’n tydjie hier kan deurbring vir hulle studie of navorsing.

Skakel asseblief vir Ds Sarel Corrie by 082 402 7276 indien jy sulke boeke het.

POPIA Wetgewing

Teen hierdie tyd het meeste gemeentes seker al dinge in plek vir die POPIA wetgewing, die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting. Onthou, jou gemeente se amptenare moet reeds teen 1 Julie geregistreer wees!

Die handleiding is op die Algemene Sinode se Webwerf beskikbaar. Jy kan dit ook HIER aflaai.

Om jou amptenare te registreer kan jy nou gebruik maak van die elektroniese registrasiestelsel vir die inligtingsbeamptes. Gemeentes kan hulle inligtingsbeamptes registreer by

https://justice.gov.za/inforeg/portal.html.

Die vorms wat nodig is vir die POPI Wet (Vorm 1, 2 en 4) onder Bewaringsriglyne, is reeds op ons KZN Sinode se webwerf beskikbaar. 

Onthou asseblief dat elke gemeente hulle eie handleiding vir POPIA moet skryf en finaliseer volgens die handleiding wat die Algemene Sinode gestuur het.  Die Wet tree in werking op 1 Julie so almal moet dan reg wees. Baie belangrik is dat elke gemeente sy nuwe intrekkersvorm wysig sodat elke lidmaat toestemming verleen dat hulle inligting ingesamel en gebruik en hergebruik gaan word asook vir die huidige lidmate moet daar ‘n toestemmingsbrief geteken word om toestemming te verleen vir die inligting wat reeds in besit is van die gemeente om gebruik en hergebruik te word.

Bybel-Media spog hierdie maand met ‘n keur van moet-lees leesstof!

Die reeks kinderboeke is geskryf om kinders te help om hartseer, angs en bangwees te leer ken en te verwerk en hoort beslis op elke gesin se boekrak.

Nog iets vir die boekrak is Jaap Durand se nuutste boek, Bloedbruide van Christus 2. Jaap Durand is diep geraak deur die lyding van vroue eeue gelede en die roep na geregtigheid en liefde, die verlange dat Christus se navolgers waardige getuies sal bly en dat daar met deernis opgetree sal word teenoor diegene wat verskillend glo of dink.

Die klip in Lisa se borskas

Die klip in Lisa se borskas is spesiaal ontwikkel om kinders te help om verlies te verwerk.Baie van ons ken daardie hartseer wat so intens is dat dit soos ’n klip in jou borskas voel. Die meeste van ons weet egter nie hoe om dit te verwerk nie. Kinders weet nog minder hoe om trauma en verlies te hanteer.

Daarom is Siegfried Louw, predikant en spelterapeut, se boek Die klip in Lisa se borskas meer as net ’n oulike storie. Dit nooi kinders (jonk en oud) om oor verlies te dink, daaroor te praat en dit uiteindelik te verwerk.

KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

KOMPETISIETYD!

WEN Bybel-Media se TOPBOEK van die maand

Wen Die klip in Lisa se borskas –

Teken in op ons nuusbrief en staan ’n kans om dié topboek van die maand te wen.

Klik hier om in te teken.

Wie het ook die lys van top 5-boeke gehaal?

Ben en die drakie

Leer kinders meer oor angstigheid, hoe dit hulle beiinvloed en hoe om dit te hanteer.

Ben se storie is spesiaal geskryf vir alle kinders (jonk en oud) om hulle te help om hulle angstige drakie te tem. Ben en sy drakie sal jou help om ’n paar dinge oor angstigheid te leer sodat jy iets daaraan kan doen.

KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

Kolle en die gif

Kolle se storie help kinders, jonk en oud, om te leer wat om met ’n boelie se gif te doen.

Kolle en die gif vertel die storie van twee gruwelike boelies wat oral gif versprei met hulle boeliegedrag. Maar die gif doen niks aan Kolle nie. Die boodskap wat Kolle oordra, is dat die liefde altyd sterker as bangwees vir ’n boelie sal wees.

KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

Die reeks kinderboeke is ook beskikbaar in Engels en binnekort beskikbaar in isiXhosa en Sesotho. Besoek www.ligland.co.za vir meer inligting oor die boeke.

Vir meer inligting en bestellings, kontak asb vir BYBEL-MEDIA HANDEL by 0860 26 33 42 of bestel@bmedia.co.za. Besoek gerus ook ons webblad by bybelmedia.org.za

Lentekonferensie

Ons is baie opgewonde om die hoofsprekers by vanjaar se konferensie bekend te maak:

Elna Mouton

Max du Preez

Michael Lampsley

 

Calvin Theological Seminary, in collaboration with the Calvin Institute of Christian Worship and the Center for Excellence in Preaching, is offering courses designed to support your ministry leadership amidst the ongoing pandemic.

These online mini-courses focus on key ministry challenges you face today. With a commitment of about four hours per week for three weeks, each class is designed to fit alongside your current commitments.

SESSION 1

June 1-19, 2021

# Embodied Discipleship in a World That Has Gone Virtual―Aaron Einfeld and Cory Willson

# Faithful Responses to Economic Crisis―Aaron Einfeld

# Life After the Pandemic: Imagining Community Practices of Lament and Healing―Danjuma Gibson

# Developing a Rhythm of Life in a COVID-Shaped World―David Rylaarsdam

# Together Again: Cultivating Safe and Healthy Church Communities after COVID―Amanda Benckhuysen with Sean Baker, Dave Den Haan, Eric Kas, and Elaine May

Course descriptions and registration

SESSION 2

June 21-July 9, 2021

# Faithful Responses to Economic Crisis―Aaron Einfeld

# Developing a Rhythm of Life in a COVID-Shaped World―David Rylaarsdam

# Together Again: Cultivating Safe and Healthy Church Communities after COVID―Amanda Benckhuysen with Sean Baker, Dave Den Haan, Eric Kas, and Elaine May

# God’s Story and Our Stories: Discipling the Beloved Community Toward Diversity, Equity, and Inclusion―David Beelen and Denise Posie

# Reviewing the Nuts and Bolts of Preaching―Scott E. Hoezee

Course descriptions and registration

SESSION 3

July 12-30, 2021

# Faithful Anti-Racism in a Global Context―Christina Edmondson

# Organizational Leadership and Decision Making in a COVID-Shaped World―Jul Medenblik

# Creating Congregations of Belonging for People of All Abilities―LaTonya McIver Penny and John D. Witvliet

# Building Wisdom in an Ever-Changing World―David B. Malone and Anne Harrison

# Every Spiritual Blessing in Christ: Preaching Ephesians―Mariano Avila

# The Sermons to the Seven Churches of Revelation―Jeffrey Weima

Course descriptions and registration

Onverskrokke

Handelinge 2:14-36

Video

Audio

Petrus is een van my gunsteling karakters uit die Bybel. Rof en onbeskof, só het ons hom leer ken as die ongekunstelde visserman wat praat en doen voor hy dink. Hy is so verskriklik menslik, en sy onverskrokke waagmoed word afgewissel met tipiese menslike gebreke en foute. In baie opsigte kan ek myself vereenselwig met Petrus: om die een oomblik my onwankelbare geloof uit te basuin, en net die volgende oomblik te verval in twyfel. Petrus, die een wat die hele Romeinse leër wou aanvat met sy swaard! Hy het dit so wild rondgeswaai dat hy die hoëpriester se slaaf se oor afgekap het. Hy stuit vir g’n niemand nie! Enkele ure later krimp daardie selfde onverskrokke held ineen van vrees vir ‘n doodgewone diensmeisie, as hy heftig ontken dat hy vir Jesus ken.

Ja, ons het vir Petrus leer ken uit die Evangelies, as die impulsiewe prater wat dikwels dinge gesê het voordat hy gedink het, en agterna sy vuis in sy mond kon druk. Impulsiewe beloftes wat hy nie kon nakom nie, was dikwels op Petrus se spyskaart. Ten spyte van al sy foute was Petrus ‘n gebore leier. Altyd bereid om nie maar net te hiet en gebied nie, maar sélf die voorbeeld te stel. Toe Jesus op die rowwe see aangestap kom, was dit Petrus wat sy lewe gewaag het om ook op die water te loop! Tog so jammer dat sy moed hom daar begewe het toe hy die wilde branders sien!

Maar nou, op Pinksterdag, sien ons ‘n totale ander Petrus. Iets geweldig het met hom gebeur. Aan die een kant is hy steeds dieselfde Petrus wat onverskrokke leiding neem, maar aan die ander kant is daar niks te bespeur van die impulsiewe, rowwe, ongeletterde visserman nie. Vol vertroue staan hy op en begin vir die reuse skare van derduisende mense te verduidelik wat daar so pas plaasgevind het. Van die Petrus wat struikel oor sy woorde en onbesonne dinge kwytraak, is daar skielik nou géén teken nie. Die ou Petrus wat gebewe het voor ‘n diensmeisie is skielik skoonveld! Onverskrokke staan hy daar en met woorde wat behóórlik geweeg en gemeet is spreek hy die mense toe. Hy haal lang gedeeltes aan uit die Septauginta (die Griekse Ou Testament). Hy verduidelik vir hulle uit die boek Joël asook uit Psalm 16.

Petrus wy die hoofdeel van sy toespraak aan die redes vir die uitstorting van die Heilige Gees. Jesus van Nasaret is deur God sélf na Israel gestuur. Daar het Hy groot wonders gedoen. Sodoende het Hy onteenseglik bewys dat Hy die langverwagte Messias is. Dan word Hy egter verwerp deur die Jode, God se eie volk. Hy ly onder hulle aanslae en sterf uiteindelik ‘n grusame dood aan die kruis. Nee, God was nie onkant gevang nie! Sy plan was júis dat Jesus moes kom ly. Maar die aandeel van die Jode aan hierdie lyding kan nie weggewens word nie. Hulle staan skuldig daaraan! Petrus wys vinger na die einste mense wat sy toespraak aanhoor. Hulle is mede-beskuldigdes, want hulle eie volksgenote, broers, familie het saam geskreeu: “Kruisig Hom!”

Teenoor die mense wat Jesus aan die Romeine uitgelewer het, staan die Almagtige God egter. Hy het Jesus uit die greep van die dood kom verlos. Jesus het uit die graf opgestaan! Hy leef! Hulle wat hier bymekaar is, is almal getuies daarvan! Hulle het Jesus persoonlik sélf gesien en met Hom gepraat. Hulle het selfs per geleentheid saam met Hom geëet.

En nou het Jesus die Heilige Gees oor Sy volgelinge uitgestort, net soos wat die Gees ook oor Jesus gekom het met Sy doop. Na Jesus se verhoging is Hy by magte om ook die Heilige Gees oor te dra na al Sy volgelinge.

Wat het Petrus nou skielik so anders gemaak? Wat het gebeur dat Petrus in ‘n baie kort tydperk so ‘n onbegryplike verandering kon ondergaan? Die antwoord is eenvoudig: die Heilige Gees het in Petrus se lewe gekom. Hier sien ons duidelik die verskil wat die gebeure van Pinksterdag in ‘n enkeling se lewe gemaak het.

Die wonder is egter dat die Heilige Gees nie beperk is tot Petrus en die klein groepie gelowiges wat op Pinksterdag bymekaar was nie. Die Heilige Gees is óók vandag deel van élke gelowige se lewe. En nee, niemand hoef te wag vir ‘n “vervulling met die Gees” nie, want die oomblik wanneer jy die stap neem om Jesus die Koning van jou lewe te maak, is die Heilige Gees reeds in jou. Daar is egter ‘n geheim: jy moet plek maak vir Hom in jou lewe. Sien, jou lewe is soos ‘n emmer en die Heilige Gees is soos water wat jou emmer volmaak, oftewel vul. As daar egter ‘n klomp klippe in jou lewensemmer is, is daar nie baie plek vir die Gees nie. Hierdie klippe is die klippe van sonde, van onwilligheid, van afsydigheid teenoor die Here ens. Hoe meer van hierdie sonde-klippe jy uitgooi, hoe meer neem die Heilige Gees oor, en hoe meer raak jy "vervul" met die Heilige Gees, totdat jy ook soos Petrus onverskrokke kan staan vir die saak van Jesus Christus, die opgestane Here.

Hy is reeds in jou, dit hang net van jouself af hoeveel plek jy toelaat vir Hom in jou lewe!