Vandeesweek se Posduif fokus veral op ‘n paar Bybels wat beskikbaar is, onder meer die nuwe 2020 vertaling wat nou ook in groot druk gaan verskyn.

Die Posduif is ‘n nuusbrief vir almal in KwaZulu-Natal, maar dit is ook nuus VAN ons gemeentes. Dus vra ons GROOT ASSEBLIEF! Stuur vir ons jou gemeente se storie sodat almal daarin kan deel. Stuur dit na kommunikasie@ngkzn.org.za

Geniet hierdie uitgawe van die Posduif!

KZN Sinodesitting – 25 tot 26 Mei 2021

Ons wil jou graag daaraan herinner dat die datums vir die sinodesitting verander het. Dit begin nou nie meer op Maandag 24 Mei nie, maar wel Dinsdag 25 Mei, en duur slegs 2 dae.

Goeie nuus:

Die Bybel: 2020-vertaling in groot druk binnekort hier!

Die nuwe vertaling van die Bybel in Afrikaans, Die Bybel: 2020-vertaling, kry tans goeie aftrek by die publiek.

Die Bybelgenootskap het hierdie Bybelvertaling verlede jaar tydens sy tweede eeufeesvieringe bekendgestel. Sedert die Bybel in Oktober vrygestel is, het voorraad van die rakke af gevlieg. Positiewe terugvoer oor die Bybel is vanuit vele oorde ontvang.

Die huidige verkope bevestig dat hierdie Bybel goed deur die Afrikaanse Bybelgebruikers ontvang word. Dit is verblydend dat die Bybelgenootskap aan die versoek van die Afrikaanse kerke kon voldoen, deur ’n Bybel van ’n baie hoë vertalingstandaard daar te stel,” sê ds Dirk Gevers, Uitvoerende Hoof van die Bybelgenootskap.

Een groot behoefte wat daar nog bestaan en waaraan die Bybelgenootskap reeds gehoor gegee het, is die voorsiening van ’n grootdruk uitgawe van hierdie Bybel.

Die drukproses is tans onderweg en die eerste besending van die Afrikaans 2020-vertaling Grootdrukbybels behoort teen einde Augustus beskikbaar te wees. Hierdie Bybel gaan in twee verskillende bindformate verkrygbaar wees; 'n swart hardeband asook ʼn luukse, verwerkte leerband met duimindeks,” het ds Gevers bevestig.

Volgens professor Bernard Combrink, die projekleier van die vertaling, gaan die voorsiening van die Bybel in grootdruk formaat die behoefte wat veral by ouer lesers bestaan, aanspreek.

Die groter teks gaan beslis help dat hierdie Bybel makliker leesbaar sal wees vir persone met sigprobleme,” het professor Combrink beaam.

Liewe vriendin,

Met groot vreugde stel ons die nuwe African Women Devotional Bible aan u bekend, 'n Bybel wat spesifiek saamgestel is vir die vroue van Afrika.

Hierdie Bybel het 'n unieke Afrika-gevoel met sy fyn vroulike aanraking soos die vers wat op die vergulde rand aangebring is en die gepaste illustrasies. Die Bybel weerspieël Afrika, nie net in sy ontwerp en uitleg nie, maar vroue van hierdie pragtig uiteenlopende kontinent het ook 365 toewydings en 52 artikels geskryf wat reguit tot die kern van die saak spreek en aandag gee aan die probleme waarmee vroue vandag te kampe het. Hierdie beperkte oplaag in die Engelse standaardweergawe is nou teen slegs R299 beskikbaar.

Die African Women Devotional Bible is die ideale geskenk vir elke vrou wie se hartsbegeerte gegrondves is in die Woord van God.

Bederf jouself, 'n vriendin of jou ma op Moedersdag met hierdie unieke Bybel. Besoek ons aanlyn Bybelwinkel om u eksemplaar dadelik te koop, of stuur 'n e-pos na sales@biblesociety.co.za

Tladi Tau

Oudleerder Hoërskool Martie du Plessis Bloemfontein

Hierdie maand fokus ons op die prestasie van een van ons oudleerders. Dit is ’n ware storie van hoop. Geniet dit!

Wanneer tye werklik moeilik raak, kan ’n verhaal van hoop ’n mens inspireer om te volhard. Tau Tladi, ’n finalejaar student wat vir ’n Verlengde LLB-graad ingeskryf is, het verskeie teenslae oorwin sedert hy op ’n jong ouderdom met ataksie – ’n degenerasiesiekte van die senustelsel – gediagnoseer is.

Hy leef voluit, en jaag sy droom na om eendag ’n regspraktisyn te word. Weens ’n breinbesering wat hy by geboorte opgedoen het, sukkel Tladi om te praat, skryf en loop. Op kampus gebruik hy ’n skrywer en leser om sy toetse en eksamens af te lê.

Tladi wil graag sy graadstudies in 2021 voltooi. 

When I was born, my birth was not normal like that of other children. I couldn’t breathe or cry during delivery and was later diagnosed with ataxia. As time went by, my mom realised that I was not developing as I was supposed to, so she took me to the doctor. That was when she found out that I had ataxia. It resulted in improper speech, struggling to walk properly, my hands could not grab things properly because they were shaking, and I cannot even write with them.

My time at Martie du Plessis School was great because I experienced many things that I never thought I would be able to do, and I was inspired to go further in life despite my disability. I got support and encouragement from my teachers to push myself until I reached my goals and dreams. I won first position twice in a national competition when I participated in the Free State paracycling team. After completing my matric in 2016, I was selected as one of the top 100 achievers in the Free State. I registered with the University of the Free State for the LLB extended program in 2017 and received a golden key in 2018. I am currently busy with my fourth year.

The challenge that I am facing now is not being able to write with my hands. I must use the laptop to do my work, although I believe that practice makes perfect. I still take time and practise to write. I learned how to use Microsoft Office and it's features so that I can submit my work.

Tot ons weer gesels.

Vriendelike groete

KERKE, COVID-19

EN DIE TOEKOMS

n Werkboek vir gemeentes

Werkboek vir gemeentes oor “KERKE, COVID-19 EN DIE TOEKOMS” vir gebruik deur predikante, gemeentebesture en strategiese toekoms-taakspanne en kleingroepe. Dit is as gevolg van die fokus van die Werkboek primêr gerig op die vier grootste gereformeerde kerke in SA nl die NGK, VGKSA, GKSA en die NHKA, maar die Werkboek sou gemaklik ook in verskillende ander kerke gebruik kan word. Dit blyk uit baie oorde dat daar te midde van al die onsekerhede en verwarring rondom Covid-19 baie gewonder word oor die toekoms van die wêreld, en dus ook oor die toekoms van kerke. Hierdie Werkboek is op basis van deeglike navorsing en breë perspektiewe die ideale bron en padkaart om vir die toekoms ook van die kerke in SA te beplan.

Hierdie Werkboek is ‘n aksie wat voortvloei uit ‘n projek wat deur die “SA Akademie van Wetenskap en Kuns” befonds is. Die projek was aanvanklik ‘n  geskiedenis van die bg vier grootste gereformeerde kerke in SA tussen 1990-2020. Aan hierdie geskiedenis van 11 hoofstukke  is 2 verdere hoofstukke oor die toekoms toegevoeg wat die kern van die Werkboek uitmaak. Die groter boek (basisboek) van 275 bladsye verskyn vroeg Desember onder die titel “VIER GEREFORMEERDE KERKE IN SA  (1990-20120): DIE ONLANGSE VERLEDE EN DIE NABYE TOEKOMS VAN VIER GEREFORMEERDE KERKE IN SA” onder die redakteurskap van Proff Hoffie Hofmeyr (NGK) en Rikus Fick (GKSA). Prof Mary-Anne Plaatjies-Van Huffel (VGKSA) was tot met haar onlangse afsterwe ‘n mede-redakteur. Die Werkboek word dus beskikbaar gemaak deur ‘n aantal akademici maar ook meelewende lidmate van die genoemde 4 kerke wat vir meer as 3 jaar hartlik saamgewerk het aan die groter projek.

Dis ‘n gereedskapskis wat primêr oor ‘n Werkboek beskik wat beide predikante en gemeentebesture asook kleingroepe vir 6 weke (40 dae) kan gebruik om te midde van Kovid-19 en verskillende ander gepaardgaande uitdagings, oor die toekoms van veral die gereformeerde kerke in SA te kan besin. Dit is egter ook ‘n Werkboek wat deur verskillende ander kerke in SA gebruik kan word en omdat dit ook in Engels vertaal word, selfs ook in Engelssprekende kerke aangewend kan word.  

Hierdie gereedskapskis bestaan uit  4 onderdele nl ‘n Werkboek, ‘n Leiersgids, enkele kort video's of video-grepe, en ‘n aantal kort Preeksketse vir predikante vir 6 weke. Omdat die groter boek  (basisboek) wat aanleiding gegee het tot hierdie werkboek soos hierbo beskryf as ‘n supplementum van die Stellenbosch Teologiese Joernaal (STJ) (voorheen NGTT) gepubliseer gaan word, gaan selfs ook hierdie groter basisboek gratis op die “open access-sisteem” by STJ beskikbaar wees.

HOEVEEL KOS DIT: Dis alles gratis beskikbaar, minstens vir die eerste 3 maande, danksy borge.

Laai die boek hier af.

Akademiese Publikasie

Die Toekoms van die

Afrikaanse gereformeerde kerke

in Suid-Afrika:

moontlike, waarskynlike

en verkieslike opsies

Dr BJ (Barry) Tolmay

Laai hierdie boek gratis af: HIER

Bederf jou Ma met een van hierdie spesiale boeke op Moedersdag

Alles aan haar spreek van ’n sterk en edel persoonlikheid; sy ken geen kommer oor die toekoms nie. As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde.” – Spreuke 31:25-26

Bederf jou ma of ouma op Moedersdag met een van hierdie spesiale boeke of selfs ’n nuwe Bybel.

LET WEL: Aanbod geldig tot 7 Mei 2021. Beperkte voorraad.

Jy sal oukei wees

PRYS: R140.00

Dit is nie in die lewe se hoogtepunte of in swaarkrytye dat dit vir ons die moeilikste is om ons geloof uit te leef nie. Dit is meestal in die alledaagse, die doodgewone dae by die werk, by die huis, in ons motor. Dít is waar ons nie aldag weet hoe om bewustelik met God saam te leef nie.

Milanie Vosloo verstaan hierdie uitdaging om God in die hier en nou te beleef, van Hom bewus te raak en Hom te dien. En sy lei ons dieper die alledaagse in, dieper in God se teenwoordigheid in. Met praktiese raad en haar kenmerkende styl van bemoediging en begrip, werp sy lig op die kuns om ons geloof te lééf. 

KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

Die alfabet van oorvloed

PRYS: R140.00

Wanneer jy Lizette Murray se skryfwerk lees, word al jou sintuie betrek. Maar dis veral jou hart wat sy aanraak.

Met haar diep insig in ons menseverhoudings, en haar deurwinterde wysheid as ma en ouma, neem sy jou op ’n reis vol liefde en skoonheid. ’n Reis van saamwees, familie-dinge. Skink ’n koppie tee, en lees rustig Lizette se vertellings in hierdie boek. 

KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

Glo-stories

PRYS: R140.00

In Glo-stories kry jy twee unieke stemme in een boek. ’n Storieverteller en ’n dominee wat Sistematiese Teologie doseer.

Dana Snyman en Nadia Marais, twee van Kerkbode se gewildste stemme in ’n medium wat nie so vlietend soos die slimfoon of frommelbaar soos die papierkoerant is nie.

Nadia vertel oor haar doel met haar rubriek: “Ek probeer elke keer in ’n positiewe trant skryf. My doktorsgraad het gegaan oor wat dit beteken om te floreer. Dus, wat die goeie nuus is, wat dit beteken om gelukkig te wees … My bedoeling is om in elke rubriek te vra waar die flourishing is.”

Dana lag wanneer hy vertel dat hy weet sommige mense in literêre kringe mag hul oë rol omdat hy deesdae vir Kerkbode skryf. Soos ’n musikant wie se loopbaan dalk ’n bietjie in die sand geloop het en nou bring hy skielik ’n gospelalbum uit, skerts Dana. “Maar ek steur my nie daaraan nie, want dis nie die waarheid nie. Ek wil eintlik maar net stories vertel. Stories is groter as mense … Jesus het stories vertel.”

KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

Afrikaanse Mediumbybel

Luukse bruin verwerkte leerband 2020-vertaling

PRYS: R469.00

- Volledige Bybel
- Mediumgrootte
- Kleinletteruitgawes
- Luukse bruin verwerkte leeromslag
- Goud-op-snee, duimndeks en merklint
- Voorwoord, kruisverwysings, voetnote, verantwoording, woordelys en kaarte.

KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

Afrikaanse Mediumbybel

Hardeband 2020-vertaling

PRYS: R185.00

- Volledige Bybel
- Kleinletteruitgawes
- Mediumgrootte
- Swart hardeband
- Voorwoord, kruisverwysings, voetnote, verantwoording, woordelys en kaarte.

KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

Die Familiebybel

n Kosbare erfstuk vir jou gesin en familie

PRYS: R480.00

Die Familiebybel het die volledige Bybel in die 2020-Afrikaanse vertaling met bykomende materiaal deur Johan Smith, spesiaal gemik op gesinne.

Dit bevat die volgende:

• Artikels oor die gesinslewe deur die familiekenner, dr Johan Smith

• Kaarte, agtergrond oor die geskiedenis van die vertaling en woordelys

• Bybelstudiemateriaal vir die hele gesin vir ’n volle jaar

• Leesplan om die Bybel in ’n jaar deur te lees

• Ruimte vir julle familiestamboom

• ’n Bladsy om trou- en geboortedatums aan te teken.

KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

Vir meer inligting en bestellings, kontak asb vir BYBEL-MEDIA HANDEL by 0860 26 33 42 of bestel@bmedia.co.za.

Besoek gerus ook ons webblad by bybelmedia.org.za

The Year Earth Changed

Ter viering van Aardedag 2021 word 'n nuwe dokumentêr The Year Earth Changed vrygestel. Die dokumentêr deur David Attenborough is 'n liefdesbrief aan die planeet Aarde wat wys hoe die natuur in 2020 teruggebons het en hoe dit kan hoop gee vir die toekoms.

"Gedurende hierdie moeilike jaar het baie mense die waarde en skoonheid van die natuurlike wêreld opnuut waardeer. Maar die grendeltydperk het ook 'n unieke eksperiment geskep," het Attenborough gesê.

"Minder geraas, minder besoedeling in die lug... Gediertes rondom ons het in die laaste jaar gefloreer. Ons het onder andere gesien hoe walvisse op nuwe maniere kommunikeer, 'n nuwe voëlgesang in stede aangehoor en kapybaras in Suid-Amerikaanse voorstede aangetref."

Die dokumentêr is vervaardig deur die BBC en is nou wêreldwyd beskikbaar op Apple TV+.

---

Hanna se Seuntjie

1 Samuel 1:19-28

(Beleef hierdie oordenking op YouTube)

Nege lang maar opgewonde maande het verbygegaan nadat Hanna agtergekom het dat sy swanger was. Almal in Rama het geweet dat die onmoontlike besig was om met haar te gebeur, en natuurlik het Hanna gestraal!

Toe die groot dag uiteindelik aanbreek, was al wat ‘n vrou is in die dorp om Hanna se huis saamgekoek. En toe die eerste skree van die baba uit die kamer weerklink, hoor almal saam daarmee Hanna se stem: “Sy naam is Samuel!” Van die oomblik toe sy swanger geword het, het sy gewéét dat dit ‘n seuntjie sou wees. Die Here het dit mos vir haar belowe!

Dit was weer tyd vir die jaarlikse feesgeleentheid in Silo en Elkana het gereedgemaak om, soos sy gewoonte was, sy gesin daarheen te neem om te gaan aanbid. Maar vir die eerste keer in baie jare, besluit Hanna dat sy nie dié slag sou saamgaan nie en ook nie die volgende twee jaar nie. “Klein Samuel moet eers gespeen word,” verduidelik sy.

Nou begin ons al wonder of sy ooit haar gelofte aan die Here sou nakom? Is sy nie dalk besig om haar hier uit te wurm nie? Die spanning in die verhaal loop hoog!

Dit was daardie jare gewoonte dat ‘n vrou haar kind geborsvoed het totdat hy drie of selfs vier jaar oud was. Ek dink Hanna het dit dalk so lank moontlik probeer uitrek, want sy het geweet wat op haar wag. Aan die een kant was sy opgewonde, want sy kon haar gelofte aan God gestand doen. Maar aan die ander kant het dit ‘n groot, ongemaklike knop op haar maag gesit, want dit sou beteken dat sy van haar enigste geliefde seuntjie sou moes afstand doen!

Uiteindelik was Samueltjie gespeen. En toe begin Hanna planne beraam, en die arme Elkana moet net gedweë spring!

Ek het ‘n bul nodig, Elkana!”

Waarvoor nogal?”

“’n Offer vir die Here natuurlik!” Elkana durf nie stry nie, want hy sien sommer dat vroulief Hanna nie “nee” vir ‘n antwoord sal aanvaar nie!

En ek het ‘n kruik wyn nodig en sestien kilogram meel!”

Nou wat wil jy daarmee maak my vrou?”

Om saam te vat Silo toe! Dis vir die Here natuurlik!”

O…...”

Die jaarlikse uittog na Silo was op hande, en in Hanna se huis was alles in rep en roer om duisende dinge gereed te kry en die arme Elkana moet dit ontgeld. Hanna het ‘n pragtige stuk materiaal in die hande gekry en vir ure aanmekaar sit sy, besig om dit te omskep in ‘n fyn kunswerk. Uiteindelik is sy klaar.

Elkana, wat dink jy?” Sy hou die fyn geborduurde stukkie materiaal op vir hom om te sien.

Wat is dit?”

Kan jy nie sien nie? Dis ‘n manteltjie vir Samueltjie!”

O? En waarvoor nogal? ‘n Kind dra mos nie sulke grênd goeters nie? Dis net priesters wat sulke mantels dra!”

En?” Hanna is skoon omgekrap dat Elkana nie kan insien nie. “Onthou, ek het belowe om hom vir die Here te gee, en die tyd het nou aangebreek!”

Maar hy is dan nog skaars vier…..” wil Elkana nog protesteer, maar Hanna het klaar besluit. Sy vat die seuntjie saam na Silo, en basta met die res!

Dit was ‘n gróót en moeilike trek daardie jaar na Silo! Elkana het hom so ver moontlik uit die voete probeer hou op pad, want met Hanna kon hy nie huishou nie. Haar emosies was so deurmekaar soos ‘n trapsuutjies op ‘n Smartieboksie. Die een oomblik was sy nog in trane en die volgende het sy gehardloop en huppel van pure uitgelatenheid. Die taak wat vir haar voorgelê het was beide verskriklik swaar en hartseer. Sy sou haar enigste seuntjie daar agterlaat. Terselfdertyd was dit ook ‘n jubel-dag, want sy kon haar gelofte aan die Here gestand doen.

Die driejaar-oue bul is opgepas soos goud op pad. Hy moes nie ‘n hoef skraap teen ‘n klip nie! En toe hulle in Silo aankom, kry Elkana die taak om die dier te slag vir die offer aan God.

Vir die eerste keer sedert daardie droewige dag, sien Hanna weer die stokou, gryse Eli. Met klein Samuel aan die hand, met natuurlik sy manteltjie aan, stap sy na die ou priester.

Ekskuus, Meneer, u sal my nie glo nie, maar Meneer, ék is die vrou wat hier by u gestaan het om tot die Here te bid. Om hierdie seun het ek gebid, en die Here het aan my gegee wat ek van Hom afgesmeek het. Ja, van die Here het ek hierdie kind afgesmeek, en nou sal hy sy lewe lank iemand wees wat van die Here afgesmeek is.”

Eli kan sy oë nie glo nie! “En dié fraai manteltjie? Foeitog, hy lyk dan nés ‘n klein priestertjie!”

Maar meneer, dis omdat hy van nou af hier by u kom werk in diens van die Here!”

Eli skrik hom yskoud: “Nee, nee Mevrou, jy kan dit mos nie aan my doen nie!” protesteer Eli. Wat doen hy nou heeldag met ‘n vierjarige seuntjie hier in die heiligdom? Hierdie vrou is van haar trollie af!

Maar Hanna het klaar besluit, en die moedelose Eli moet dit nou maar net eenmaal aanvaar. Met ‘n vasberade vrou stry jy nie!

Hanna se offer was baie groot, maar dit was alles die moeite werd, want Samuel se impak op die geskiedenis was astronomies. Die Here vra soms van ons opofferings, en dan durf ons dit nie weier nie. ‘n Klein opoffering mag dalk nét ‘n reuse verskil maak!

Louis Nel

Uit: Ons Dag se Brood.

Jy kan daagliks hierdie oordenkinge ontvang deur ons ‘n WhatsApp te stuur na:

082 771 4925

---