Die gesprek op vanmiddag se sessie het gegaan oor selfdegeslag verhoudinge. Die een groot gedagte wat uitgekom het, is nie of sulke verhoudinge reg of verkeerd is nie, maar eerder om vir mekaar ruimte te gee. Dit gaan in die eerste plek oor liefde vir mekaar, maar ook oor aanvaarding van mekaar se sieninge.

Twee duidelike gedagtes wat na vore gekom het is:

Ons moet onderskei tussen simptome en siektes.

Ons moet gedurig probeer om mekaar in liefde vas te hou.

Ons is saam op ‘n reis waar ons soek na die wil van God. Die pleidooi is dat ons eerstens na God sal luister, maar ook na mekaar sal luister.

Dit het baie duidelik uitgekom dat dit nie gaan oor Skrifgesag nie, want daaroor is daar eenstemmigheid. Dit gaan eerder oor hermeneutiek, Skrifhantering, want ons verstaan die Bybel verskillend.