Die NG kerk  is by ‘n kritiese draaipunt in sy lang geskiedenis. Die wêreld om ons en die kerk self is besig om diep veranderings te ondergaan en dit is nodig dat ons besluite sal neem wat gaan oor die koers en rigting van die NG kerk.

By die volgende vergadering van die Algemene Sinode in Oktober gaan ons nadink oor die rol wat die kerk behoort te speel in die samelewing waarin God ons geroep het. Ons wil graag jou stem hieroor hoor. Julle kan as individue, kerkrade, leraarspanne of ander groep in die gemeente reageer. Ons wil veral graag jonger mense se stemme hoor.

Dit gaan oor ses sake: die eksterne en die interne uitdagings wat die kerk raak, die roeping en die bediening van die kerk, die toekomstige teologiese rigting en die struktuur van die NG kerk.

Hierdie is groot en belangrike sake en ons wil hoor hoe jy hieroor dink.

Ons gaan van nou af elke week een van hierdie vrae op die tafel sit. Jy kan jou mening op een of meer van die onderstaande drie opsies gee.

• ‘n veelvoudige keuse vraelys op die Kerkbode se webblad by “AMPTELIK” of

• kommentaar op die facebook blaaie van die Algemene Sinode en Kerkbode of

• ‘n E-pos wat nie oop is vir ander om te lees nie, na die volgende adres: beplanning@ngkerk.net. Gebruik gerus die e-pos om as kerkraad, leraarspan of ander groepering julle mening te gee.

 Kliek op ’n skakel en dit sal jou daarheen neem.

Hier is ook ‘n 2 -skyfie Powerpoint vir u gemeente se aankondigings .